Melville mak gemaak
Mense van Melville veg terug om dié Jhb-buurt saans weer leefbaar te maak sy inwoners.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Beurtkrag glo rede vir ongeluk
Apr 09 2008 08:31:00:293PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Beurtkrag in Boksburg aan die Oos-Rand was glo die oorsaak van ’n ernstige ongeluk.

’n Motoris (45) veg om sy lewe in die Unie-hospitaal in Alberton nadat hy gister glo oor ’n verkeerslig, wat as gevolg van beurtkrag af was, gery en met sy Renault-motor teen ’n bakkie gebots het.

Volgens insp. Jimmy Maboko het die motoris omstreeks 06:30 oor die verkeerslig op die hoek van Trichardtsweg en die R554 gery en teen ’n Ford-bakkie gebots. “Die 36-jarige bestuurder van die bakkie het ligte beserings opgedoen,” het Maboko gesê. Die 45-jarige man, wat met reddingstoerusting uit sy motor gesny moes word, is met ernstige beserings per helikopter na die hospitaal vervoer.

Volgens Maboko het ooggetuies gesien die verkeerslig was af toe die ongeluk gebeur het.

’n Saak van roekelose en nalatige bestuur word ondersoek.

“Tydens beurtkrag moet motoriste alle verkeersligte as stoptekens hanteer,” het Maboko gewaarsku. – Gloria Edwards


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |