Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Diefstal-foefie om jou huis te besteel
Terwyl kragonderbrekings baie moedeloos laat, buit misdadigers dit uit deur hulself as munisipale- of Eskom-werkers voor te doen om toegang tot huise te kry om te roof. Mnr. Zweli Dlamini, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie, het gister gesê sulke misdadigers is “ ’n nuwe verskynsel” wat ’n groot probleem kan word. Hy sê hulle beweer hulle kom werk aan die geisers en teiken die huiswerker as huiseienaars by die werk is. Volgens hom is dit nie moeilik om ’n huiswerker te oortuig as jy ’n gereedskapkis het nie. “As hulle eers binne is, hou hulle die huishulp en enigiemand anders aan, terwyl hulle die huis deursoek en vat wat hulle wil hê.” Dlamini het gesê hy is bewus van twee sulke gevalle sedert die begin van beurtkrag verlede week en het huiseienaars aangeraai om identifikasie te vra voordat hulle enigiemand toegang tot hul huis gee. “Dit is belangrik om vir jou huishulp te sê wanneer werkers na die huis kom, sodat sy die werkers kan verwag.” Dlamini het gesê die Ekurhuleni-metropolisie gaan hul sigbaarheid in gebiede waar beurtkrag voorkom, versterk en bygevoeg hulle sal mense altyd laat weet as deur-tot-deur operasies uitgevoer word. Bel 08600 10111 om die polisie in te lig oor boewe wat hul as Eskom- of munisipale werkers voordoen.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|