Peetkinders
Huise is nie jaloers nie. Huise is lankmoedig en vriendelik, word nie verbitterd nie en reken die kwaad nie toe nie.
Beeld
Drienasies-rugbyreeks van 2008
Die bepalings, uitslae en puntestand.
  • Statistieke van Curriebeker-reeks
  • Statistieke van die Super14-reeks
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    Diesel-lokomotiewe staan reg as elektriese treine nie werk
    Apr 09 2008 08:45:22:860PM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend
    Mnr. Jeff Radebe, minister van vervoer, by die departement se 2010-vorderingsvoorlegging wat gister in Pretoria gehou is. Foto: Cornél van Heerden

    Altesame 190 diesellokomotiewe gaan in 2010 tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi gereed staan, ingeval iets fout gaan met die elektriese lokomotiewe van Metrorail-treine waarin toeskouers rondgekarwei gaan word.

    Transnet gaan sowat R200 miljoen bestee om dié lokomotiewe op te knap.

    Só het mnr. Kuben Pillay, waarnemende direkteur-generaal van openbare vervoer, gister gesê tydens die nasionale departement van vervoer se 2010-vorderingsvoorlegging wat deur die minister van vervoer, mnr. Jeff Radebe, bekendgestel is.

    Die diesellokomotiewe sal in geval van ’n kragonderbreking kort voor ’n wedstryd moet inspring om toeskouers betyds by stadions te kry. Alle belangrike stasies is glo ook met kragopwekkers toegerus, sodat die werking van treine nie belemmer word nie. Luidens die voorlegging bied die Wêreldbeker aan Suid-Afrika die geleentheid om die pas waarteen die land se vervoerstelsel verbeter word, te versnel. Minstens R178 miljard gaan oor die volgende vyf jaar op die ontwikkeling en verbetering van vervoerstelsels bestee word.

    Dít sluit onder meer in padinfrastruktuur, die Gautreinprojek, lughawe-ontwikkelings, openbare vervoer en die verbetering van spoornetwerkte. Luidens die departement se voorlegging gaan bestuurders van taxi’s met betaalmeters in ook opleiding in bestuursvernuf, kliëntediens en algemene inligting vir toeriste ontvang. – Alet van Zyl en Carina van Wyk


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |