Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Nataniël vermaak selfs op beurtkrag
Apr 13 2008 08:01:29:983PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Nataniël antwoord vrae van Ruda Landman tydens die derde Boeke-Insig-Boektafel wat by die Rhapsody-restaurant in Pretoria aangebied is. Foto: Cornél van Heerden
Alet Rademeyer


Beurtkrag eergistermiddag in die ooste van Pretoria het nie die wind uit die seile van die kunstenaar Nataniël óf die gaste by die derde Boeke-Insig-Boektafel gehaal nie.

By kerslig en met die belofte dat ’n kragopwekker na die Rhapsody-restaurant in Menlyn op pad is om die kruisskyf en filet gaar te kry, het Nataniël sy aanhangers aan sy lippe gehad en nie geskroom nie om enige, selfs baie persoonlike, vrae van hulle en die gasvrou, Ruda Landman, te beantwoord nie.

Sy “awkward” kinderjare, toe mense vir hom gelag en hy hom voorgeneem het dat hulle dan nou maar net sowel eendag daarvoor kan betaal as hulle dit wil doen; sy beheptheid met kos; dat hy meer “ge-worried” is of almal vanielje gaan proe voordat hulle doodgaan; en sy probleem met die “informaliteit” in die kerk het onder meer aan die beurt gekom.

Nataniël het gesê die kerk dink dat hy tieners met ’n trom kan lok terwyl hulle in elk geval Sondagaande voor die televisie lê en vry.

Hy het gesê hy mis die gewydheid in kerke en besoek eerder ’n Anglikaanse kerk as hy na ’n diens gaan. “Dit is goed en wel om in jou jeans Kentucky te gaan koop, maar as ’n mens kerk toe gaan, kan jy wragtie darem ordentlik aantrek.”

Oor hoe hy gekom het waar hy vandag is, het hy die staaltjie vertel van ene regter Kriek en oudminister Dawie de Villiers wat hom gehelp het om uit die army te ontsnap.

Sy nuwe bundel, Kaalkop 2, waarin hy die waarde van vriendinne besing, het ook ter sprake gekom. “Mans is baie simpel. Dit sal nog twee geslagte neem voordat mans emosioneel sal wees waar vroue is.”

Hy het gesê hy bid dat vroue voor sy dood lande begin lei en die politiek oorneem.

Erika Murray-Theron, skrywer van die wenroman in die Sanlam/Insig Groot Romanwedstryd, ’n Tapisserie met klein diere, het ook vrae tydens die byeenkoms beantwoord.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |