Slegter as hoenderspel kan dit nie gaan
Ai, droefheid, maar dis 'n gesukkel om daai All Blacks onder te kry!
Beeld
Drienasies-rugbyreeks van 2008
Die bepalings, uitslae en puntestand.
  • Statistieke van Curriebeker-reeks
  • Statistieke van die Super14-reeks
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    Krag se styging syfer deur na skole
    Apr 14 2008 07:57:44:057PM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend
    Alet Rademeyer

    Nóg prysskokke wag op vuisvoos Suid-Afrikaners wat kinders op skool het.

    Hoofde en onderwysliggame het gister gewaarsku dat ouers hulle vir hoër skoolgelde sal moet staal as die verhoging van 60% in Eskom-tariewe ook na skole toe deurgesyfer het.

    Dit is hoofsaaklik art. 21-skole wat selfbesturend is en hul eie rekeninge betaal wat hard deur die beoogde tariefverhoging getref gaan word.

    Mnr. Paul Colditz, uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas), sê dié voorgenome styging gaan ouers én skole negatief beïnvloed. Hy het daarop gewys dat subsidies wat dié skole vir munisipale uitgawes kry, ’n skamele 3% tot 7% van die totale begroting beloop.

    Die res kom uit ouers se sakke.

    Colditz het gesê die dilemma is dat skole nie nou hul begrotings wat in November verlede jaar goedgekeur is, kan aanpas nie. Spesiale vergaderings moet gehou word en as ouers nie tot ’n verhoging in skoolgeld instem nie, gaan skole in tamatiestraat sit. Hy meen daar kan wesenlike tekorte op skole se boeke wees en hulle sal op ander maniere moet spaar – soos om leermateriaal in te kort of beheerliggaampersoneel te verminder.

    Mnr. Piet Swart, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie in Limpopo en hoof van die Hoërskool Ben Vorster in Tzaneen, meen dit is veral skole met koshuise wat baie hard getref gaan word.

    In dié provinsie is daar sowat 37 sulke skole. Swart het gesê sy skool met ’n koshuis betaal reeds sowat R30 000 per maand vir dienste.

    Met die voorgestelde styging kan dit tot R46 000 per maand styg. “Dit sal beteken dat koshuisleerlinge tot R672 per jaar meer gaan moet betaal en ander skoliere R336.”

    Swart het daarop gewys dat talle plattelandse skole se begrotings reeds tot die uiterste beproef word met verhoogde brandstofpryse vir sportverpligtinge wat nagekom moet word.

    Sommige skole het ook hoë koste aangegaan om kragopwekkers aan te skaf vir praktiese vakke soos hotelhouding en rekenaartegnologie waar onderrigtyd weens kragonderbrekings verlore gaan.

    Mnr. Chris Steinmann, hoof van die Hoër Tegniese Skool John Vorster in Pretoria, meen die styging gaan meebring dat op ander dinge besnoei moet word en dat kapitaalprojekte eers opsy geskuif word.

    Hy het gesê as bereken word dat die skool sowat R144 000 per jaar meer vir elektrisiteit sal moet opdok, sal dit ’n verhoging van R100 per jaar per kind beteken.

    Die skoolgeld by dié skool beloop R5 200 per jaar.

    Mnr. Seun du Preez, hoof van die Hoërskool Oos-Moot, sê die voorgestelde styging kan die skool tussen R100 000 en R200 000 per jaar meer uit die sak jaag.

    “Dit gaan sonder twyfel ’n impak op die bestaande begroting hê. Ons kan maar net hoop dat dit (die elektrisiteitstariefverhoging) baie later in werking tree.”

    Me. Elsie Cronje, waarnemende hoof van die Hoërskool Roodepoort aan die Wes-Rand, meen skole gaan wurg. “In die stadium weet ons nog nie wat die impak gaan wees nie en of skole dalk een of ander vorm van kwytskelding gaan kry nie.”

    Die nasionale onderwyswoordvoerder kon nie gister vir kommentaar bereik word nie.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |