Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Krag: Baie bereid om te bespaar
Sowat 90% van Suid-Afrikaners gebruik elektrisiteit meer spaarsamig vandat beurtkrag toegepas word. Dit blyk uit ’n peiling van 600 mense van verskillende rasse, geslagte en ouderdomme in Johannesburg, Kaapstad en Durban. Die peiling is deur Synovate, ’n marknavorsingsmaatskappy, gedoen. “Suid-Afrikaners is in die algemeen bereid om meer te betaal. Hulle is bereid om kragrantsoenerings te hê,” het mnr. Antony Adelaar, navorsingsbestuurder van Synovate, gesê. Altesame 43% stem saam dat elektrisiteitspryse verhoog moet word, terwyl 59% glo elektrisiteitsrantsoenering en boetes vir diegene wat kwotas oorskry, is ’n oplossing vir kragprobleme. Slegs 5% van diegene wat aan die peiling deelgeneem het, gebruik ’n kragopwekker, terwyl 3% sonkrag gebruik. Volgens Adelaar het die navorsing gewys dat meer mense geisers wat met sonkrag werk sal gebruik, soos subsidies daarvoor toeneem. Die hoë aanvangskoste om ’n sonkragstelsel te installeer, ontmoedig baie mense. Bykans 79% van die respondente glo elektrisiteit sal bespaar word as ’n vergoedingsplan om die koste van son- of alternatiewe energie te verlaag, ingestel word. Die helfte van die Johannesburgers wat ondervra is, het gesê hulle ry vroeër werk toe wanneer verkeersligte weens beurtkrag nie werk nie, terwyl 28% Durbaniete en 22% Kapenaars dit ook doen. Altesame 26% eet meer gereeld by restaurante as voorheen.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|