Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Toegang tot sonkrag vir armes gou realiteit
Arm huishoudings in Suid-Afrika wat nie aan Eskom se kragnetwerk gekoppel is nie, kan dalk vroeg volgende jaar hul huise met sonkrag verlig. Philips wil LED-lampies van 1 tot 3 watt wat aan sonkragpanele gekoppel is, aan hierdie huishoudings begin verkoop. “Alle mense behoort toegang te hê tot basiese dienste soos elektrisiteit en water,” sê mnr. Chris Liebenberg, bemarkingsbestuurder van dié maatskappy se afdeling in Suid-Afrika. “Maar groei en ontwikkeling word beperk weens die tekort aan elektrisiteit in Suid-Afrika.” Philips het dié gaping in die mark gesien en besluit om lig te verkoop aan “mense wat nie krag kan bespaar nie”. Kliënte gaan kan kies om ’n model te koop wat ook plek het vir ander elektriese toebehore, soos selfoonlaaiers. Liebenberg sê sowat 300 miljoen huishoudings in Suid-Afrika bestee sowat R10 per week aan paraffien vir beligting. “Benewens paraffien se hoë koste, het dit ’n swak ligkwaliteit. Dit is ongesond en besoedel die atmosfeer.” Die liguitstraling van paraffien wissel tussen een en tien lumen, sê Liebenberg. Daarteenoor het ’n 1 watt LED-lampie ’n liguitstraling van 150 lumen. Die LED-lampies wat gebruik gaan word, is nuwe energiebesparende tegnologie wat nog nie in Suid-Afrika beskikbaar is nie. Liebenberg sê die prys van die volledige stelsel met die sonkragpaneel en LED-lampie gaan by sowat R1 500 begin. Tans word met beleggers onderhandel om finansiering of subsidies hiervoor te kry, sê Liebenberg.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|