Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
'Gewone mense kan nie skuld kry vir kragkrisis'
Die vakverbond Cosatu en die SAKP het gister geëis Eskom moet sy aansoek vir die 53%-verhoging van die kragprys terugtrek en daar moet ’n moratorium op kospryse se verhoging geplaas word. Sowat 800 mense het gistermiddag die strate van Johannesburg se middestad ingevaar om teen die stygende krag- en kospryse waaronder verbruikers gebuk gaan, te betoog. “Werkers kan nie boet vir die foute wat die regering en Eskom gemaak het nie. Ons is kwaad hieroor,” het dr. Blade Nzimande, hoofsekretaris van die SAKP, gister gesê. Nzimande het gemeen die begrotingsurplus wat die regering tans het, moet help om krag en stygende kospryse te subsidieer. Die internasionale koringprys het die afgelope ses maande met 43% gestyg terwyl die Suid-Afrikaanse witmielieprys met 27% geklim het. Ook die primarentekoers het tussen Junie 2006 en Februarie vanjaar met 42% geklim. “Die salarisverhogings wat ons verlede jaar tydens onderhandelinge vasgestel het, beteken vanjaar niks meer nie – brood, vleis en alles is duurder,” het mnr. Sdumo Dlamini, adjunkpresident van Cosatu, gesê. Die betogers het gister van die Johannesburgse stadsaal tot by ’n streekhoofkantoor van Eskom in Smitstraat, Braamfontein, gestap. Daar het Dlamini en Nzimande ’n memorandum aan mnr. Jurgen Vos, hoofbestuurder van Eskom, oorhandig. “Ons gee Eskom net sewe dae om hul aansoek om die prys van elektrisiteit te verhoog terug te trek, anders sal ons groter protesaksies reël,” het Nzimande gesê. Volgens Cosatu sal hulle help om hul lede in te lig om krag by die werk en tuis te bespaar. “Ons wil deel van die oplossing wees. Maar gewone Suid-Afrikaners kan nie die skuld kry vir die huidige kragkrisis nie. Dis swak besluite wat nege jaar gelede geneem is,” het Nzimande gesê. Betogers het ook na die Pick ’n Pay-winkel in Jorissenstraat in Braamfontein geloop. Hier is ’n memorandum aan mnr. Kevin Korb, hoofbestuurder van dié supermarkgroep in Gauteng, oorhandig. Korb en Vos het gesê hulle neem die betogers se besware baie ernstig op.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|