Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Beraad oor kragkrisis noodsaaklik, sê ANC
Die ANC se nasionale werkkomitee het gister besluit dat daar dringend ’n behoefte is aan ’n nasionale energieberaad. Volgens mnr. Tiyani Rikhotso, ANC-woordvoerder, is ’n taakspan saamgestel ter voorbereiding vir die beraad waarvan die datum nog nie vasgestel is nie. Dié besluit kom ná ’n vergadering tussen die werkkomitee, adj.pres. Phumzile Mlambo-Ngcuka, en mnr. Alec Erwin, minister van openbare ondernemings. “Die taakspan wat bestaan uit ANC- sowel as regeringsamptenare, sal inligting verskaf soos wie by die beraad teenwoordig sal wees en hoe vinnig of hoe lank dit sal neem om te reël,” het Rikhotso gesê. Hy het ook gesê alle belanghebbendes in die energiesektor sal by die beraad ’n oplossing vir die kragkrisis probeer vind. Die vergadering met die kabinetslede kom nadat mnr. Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, gesê het Eskom se beplande 53%-verhoging “gaan nie gebeur nie”. In die verklaring oor die energieberaad sê die ANC dat hy daartoe verbind is om oplossings te vind wat “in die belang is van alle Suid-Afrikaners, veral werkers en armes”. – Abigail Isaacs
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|