Slegter as hoenderspel kan dit nie gaan
Ai, droefheid, maar dis 'n gesukkel om daai All Blacks onder te kry!
Beeld
Drienasies-rugbyreeks van 2008
Die bepalings, uitslae en puntestand.
  • Statistieke van Curriebeker-reeks
  • Statistieke van die Super14-reeks
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    Pretoria, jou (krag)beurt is jou beurt!
    Apr 22 2008 10:41:26:443PM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend
    Die Rooiwal-kragstasie, wat inwoners in die Tshwane-metrogebied die afgelope ruk van krag voorsien het. Foto: Alet Pretorius
    Cobus Claassen


    Die Rooiwal- en Pretoria-Wes-kragstasie is tans nog Pretorianers se redding, maar van 1 Mei af gaan kragonderbrekings daagliks hul voorland wees.

    Die Tshwane-metroraad het gister gesê verhoogde kragopwekking by dié twee kragstasies is die rede waarom Pretorianers die laaste ruk relatief min kragonderbrekings gehad het, veral vergeleke met Johannesburgers.

    Dít gaan egter binnekort iets van die verlede wees.

    Mnr. Gert Booysen, die Tshwane-metroraad se bestuurder vir tegniese dienste in die elektrisiteitsafdeling, het gister gesê onderbrekings gaan van aanstaande maand af onafwendbaar wees.

    “Eskom se opdrag tans is dat ons daagliks 100 MW spaar, maar van 1 Mei gaan dit na 200 MW verdubbel. Ons gaan dan beurtkrag moet toepas.”

    Mnr. Console Tleane, die raad se kommunikasiehoof, het gister gesê die verhoogde opwekking bring mee dat beurtkragtoepassing nie tans nodig is nie.

    “Onderbrekings sal in dié stadium net plaasvind as ons probleme ondervind met opwekking by Rooiwal en Pretoria-Wes.”

    Die raad moes gister beurtkrag toepas nadat ’n opwekker by Rooiwal ingegee het. Booysen het gesê Rooiwal het tot gister 155MW opgewek, “wat die rede is waarom daar nie die laaste ruk so baie kragonderbrekings in Tshwane was nie”.

    Volgens Booysen kan Rooiwal weens die foutiewe opwekker nou 50 MW minder opwek en dit sal na verwagting eers oormôre herstel kan word.

    ’n Kleiner opwekker by die Pretoria-Wes-kragstasie het ook gister ingegee.

    In ’n verslag oor die raad se energiebesparingsplan, wat verlede maand voor die raad gedien het, is benadruk hoe belangrik dit is om opwekkings by dié stasies te verhoog.

    Die twee stasies het ’n potensiële opwekkingsvermoë van 420 MW, maar is voorheen net in die winter gebruik wanneer dit kostedoeltreffend is.

    Mnr. Subesh Pillay, burgemeesterskomiteelid verantwoordelik vir openbare werke en infrastruktuurontwikkeling, het gister gesê opwekking word gedurende spitstye verhoog en is voldoende om die grootste deel van Tshwane van onderbrekings te spaar.

    Dit beteken inwoners spring tans onderbrekings vry ondanks die feit dat hulle nie die 10%-besparingsdoelwit haal nie.

    Munisipaliteite moet van 1 Mei af deurgaans 10% minder elektrisiteit verbruik om kragonderbrekings vry te spring.

    Pillay het opnuut ’n beroep op inwoners gedoen om verbruik so ver moontlik te beperk.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |