Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Arts vra krag vir operasie
’N Dokter het gister ’n man se lewe gered toe hy nie net op sy hart geopereer het nie, maar ook beurtkrag by die hospitaal gestop gekry het sodat daar elektrisiteit was vir ’n mediese prosedure. Dr. Hermann Wittmer, ’n kardioloog van die Olivedale-kliniek in Randburg het die radiostasie Talk Radio 702 kort voor 07:00 gebel met die nuus dat ’n nood-angiogram nie uitgevoer kan word nie weens beurtkrag. Mnr. W. Kotze (62) is omstreeks 05:20 in die hospitaal opgeneem weens ’n hartaanval. “Ek was paniekerig,” het Wittmer gister aan Beeld gesê. “Ek het geweet wat ek veronderstel was om te doen, maar ek kon nie, want daar was nie krag nie.” Wittmer het die radiostasie gebel en mnr. Louis Pieterse, hoofbestuurder van aanvraag by City Power, het die insetsel oor sy motorradio gehoor. Pieterse het City Power gebel om opdrag te gee dat die kliniek se krag aangesit moet word. Volgens Wittmer was dit ’n “akute noodgeval”. “Met ’n hartaanval is daar ’n venstertydperk van een of twee uur voordat spierskade intree,” het hy gesê. Hoewel die hospitaal kragopwekkers het, kan só hoë-risiko-operasie nie net met bystand-kragopwekkers gedoen word nie, het mnr. Robert Jordaan, hospitaalbestuurder, gister gesê. Die hospitaal was vroeër reeds self ook met Eskom en City Power in kontak om te vra dat die krag aangesit word, maar was onsuksesvol. “Ons het alles in plek gekry om die pasiënt na die Sunninghill-hospitaal (in Sandton) oor te plaas. Hy sou met ’n helikopter geneem word om spitsverkeer te vermy,” het Jordaan gesê. Omstreeks 08:00, net voordat Kotze oorgeplaas sou word, het die krag aangekom. Pieterse sê dit was moontlik om die kliniek se krag aan te sit sonder om die hele gebied se krag aan te sit. As die hele gebied se krag aangesit sou word, kon dit die kragstelsel destabiliseer. Maar hospitale moenie daaraan gewoond raak dat hul krag in ’n noodgeval aangeskakel kan word nie. Mnr. Andrew Etzinger, Eskom se hoof van aanvraagbestuur, sê hospitale moet genoeg kragopwekkers aanskaf. Bykans R15 miljoen is onlangs deur Netcare bestee om “nood-kragopwekkers vir noodkragopwekkers” vir vier van sy hospitale aan te skaf. Dit is die Unitas-hospitaal in Centurion, Milpark in Johannesburg, St. Augustine in Durban en die Chris Barnard-gedenkhospitaal in Kaapstad.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|