' 'n Kankerpasiënt moet déélneem'
Dr. Ivan Cohen het nie gedink hy gaan lewend wees wanneer sy boek verskyn nie.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Dis nie beurtkrag nie, ’n substasie brand
Apr 22 2008 11:12:24:487PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Kempton Park is gister in die duister gedompel nadat ’n elektrisiteit-substasie in Planestraat in die sakekern aan die brand geraak het.

Inwoners het gedink daar word beurtkrag toegepas toe sowat 80% van Kempton Park omstreeks 15:00 weens die brand sonder krag moes klaarkom.

Volgens mnr. Zweli Dlamini, Ekurhuleni-metroraadwoordvoerder, het ’n skakelaar by die stasie omstreeks 15:00 aan die brand geraak.

“Die oorsaak van die brand is egter nog nie vasgestel nie.”

Dlamini het gesê die skade aan die stasie is minimaal. “Ons ingenieurs is besig om aan die stasie te werk. Ons verwag dat dele van Kempton Park binne 12 uur weer krag sal hê,” het hy gisteraand gesê. Hy kon egter nie sê watter gebiede nog sonder krag is of hoe lank hulle sonder krag sal moet klaarkom nie. – Gloria Edwards 


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |