Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Kragprobleme raak nie dié behuising
Kaapstad. – Probleme met kragvoorsiening sal nie laekostebehuisingsontwikkelings kortwiek nie. Ontwikkelings van nuwe, bekostigbare behuisingsprojekte wat minder as 100 kilovolt-ampère (kVA) benodig, sal ook nie deur kragprobleme geraak word nie. Só het me. Lindiwe Sisulu, minister van behuising, gister gesê. Dit volg op berigte dat Eskom oor die volgende paar maande nie elektrisiteit?sertifikate sal toeken aan bouprojekte groter as ’n woonhuis nie. Ná besprekings tussen me. Buyelwa Sonjica, minister van minerale en energie, en mnr. Alec Erwin, minister van plaaslike ondernemings, het Sisulu gesê sy bevestig dat die regering verbind is om te verseker dat nuwe eiendomsontwikkelings wat minder as 100 kVA benodig – asook bekostigbare behuisingsprojekte – krag sal kry. – Philda Essop
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|