' 'n Kankerpasiënt moet déélneem'
Dr. Ivan Cohen het nie gedink hy gaan lewend wees wanneer sy boek verskyn nie.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Krag af- vrou sterf in walms
Apr 23 2008 09:21:13:393PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Mnr. Jakes Dormehl, 18, voor die huis waarin sy ma vergiftig is deur petroldampe van hul kragopwekker. Foto: Loanna Hoffmann
Verwante Berigte
  • Dié dele tot Sondag sonder krag
  • Gloria Edwards en Lauren Thys


    ’n Vrou en haar troetelvoël is dood weens versmoring as gevolg van die walms van haar kragopwekker wat sy tydens ’n kragonderbreking gebruik het.

    Me. Aletta Dormehl (49) van Kempton Park is gisteroggend dood gevind in haar huis in Casuarinastraat. Sy het gesterf aan koolstofmonoksiedvergiftiging.

    Haar seun, Gerhard (19), word in die hoësorgeenheid van die Tembisa-hospitaal behandel nadat hy uit die huis gered is en gistermiddag sy bewussyn herwin het. Hy is per helikopter na die hospitaal geneem. Kempton Park is eergister deur ’n grootskaalse kragonderbreking getref toe ’n substasie in die sakekern aan die brand geraak het.

    Die kragopwekker in die huis was sowat agt uur aan.

    Volgens mnr. Mark Stokoe, Netcare 911-woordvoerder, is haar lyk omstreeks 07:30 gisteroggend deur ’n kollega gevind.

    Dormehl is ’n stafverpleegster by ’n bejaardesorgsentrum.

    “Toe ons daar aankom, was die opwekker nog aan. Daar was baie swak ventilasie, want net een venster was oop en al die deure was toe,” het Stokoe gesê. Die gesin se troetelvoël is ook dood in die huis aangetref.

    Hul twee honde wat ook deur die dampe oorval is, het hul bewussyn later herwin.

    Dormehl se ander seun, Jakes (18), wat nie in die huis was nie, het gister gesê byna al die vensters was toe omdat die wind gewaai het. Daar was ook ’n waaier in sy ma se kamer aan en ’n venstertjie in haar kamer was ook oop.

    “Die petroldampe was erg. Die paramedici het almal gekla van erge hoofpyn in die rukkie wat hulle in die huis was.”

    Sowat 70% van Kempton Park se krag is teen gisteroggend weer herstel. Die Ekurhuleni-metroraad het gesê die res van die gebied sou nog vir vyf dae sonder krag moet klaarkom.

    Mnr. Zweli Dlamini, woordvoerder van die metroraad, het gesê gebiede wat nog sonder krag is, sluit in die sakekern, uitbr. 1, 2 en 4, die Festival Mall, Esterpark-uitbreiding 9, Allen Grove, Rhodesfield en Spartan Manor.

    “Die oorsaak van die brand by die substasie is nog nie vasgestel nie.”

    Talle ondernemings moes sluit en ontstoke inwoners moet planne beraam om kos te stoor.

    Mnr. Freddie Coleman, bestuurder van die Aston Manor-slaghuis, het gesê hulle sukkel om sonder ’n kragopwekker vleis vars te hou.

    Mnr. Flip Coetzer, bestuurder van die Edleen-slaghuis, het gesê hoewel hulle ’n kragopwekker het, verloor hulle “duisende rande” se sake weens die onderbreking. “Kliënte kan nie vleis stoor of kook sonder krag nie.”

    Mnr. Arie Oberholzer, ’n inwoner van uitbr. 3, het sy misnoeë oor die metroraad uitgespreek. “Ons dink dis uiters swak dat Ekurhuleni nie gouer kan optree nie.”

    Volgens dr. Henry du Plooy, mediese superintendent van die Arwyp-hospitaal, kom die gebrek aan elektrisiteit die hospitaal duur te staan.

    “Ons gebruik 100% opwekker-krag en dit gebruik 500 liter (diesel) per uur, so ons betaal omtrent R5 000 per uur. As dit vir sewe dae aanhou, kos dit ons R1 miljoen net vir diesel.”

    ) Mnr. Brian Statham, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Nasionale Energievereniging (Sanea), het vroeër aan Beeld gesê dieselfde gevare wat ’n motor geld wat in ’n toe vertrek aan is, geld ’n opwekker.

    Dr. Gerhard Verdoorn van die Griffon-gifinligtingsentrum het gesê kragopwekkers moenie in ’n gebou aan wees nie, maar eerder buite waar al die gasse uitgelaat kan word.

    Vir meer inligting oor kragopwekkers stuur ’n e-pos na die vereniging vir elektriese kontrakteurs by info@ecasa.co.za.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |