Melville mak gemaak
Mense van Melville veg terug om dié Jhb-buurt saans weer leefbaar te maak sy inwoners.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Kempton Park sukkel kragloos in die donker
Apr 24 2008 10:29:03:250PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Mev. Hannetjie Nortjé en haar kleinseun Wynand de Kok (9), geniet gesellige gesinstyd en 'n kerslig aandete. Die liggie wat in die venster agter hulle brand, is die weerkaatsing van die gesin se paraffienlampie. Foto: Loanna Hoffmann
Karla Janse van Vuuren


Inwoners in sekere dele van Kempton Park gaan nog vir tot tien dae lank sonder krag moet klaarkom. Dít nadat ’n elektriese substasie Dinsdag in Planestraat aan die brand geraak het.

Mnr. Zweli Dlamini, Ekurhuleni-metroraadwoordvoerder, het gisteroggend gesê dat die dele van Kempton Park wat nog nie krag het nie, tussen vyf en tien dae gaan moet wag totdat die krag weer aankom.

Ondernemings en huishoudings ly erg skade en die meeste inwoners is glad nie ingenome met die toedrag van sake nie. Baie ondernemings in Kempton Park se Festival Mall-winkelsentrum kan glad nie sake doen nie, maar vir die paar wat wel oop was, was die dag nie baie suksesvol nie.

“Ons verkope het erg gedaal - gewoonlik verkoop ons naby aan ’n 100 CD’s per dag, maar vandag is net sewe verkoop,” het mnr. John Henry Bacon van die Phase 2 CD-winkel gesê.

Baie van die ondernemings wat oop was, moes om veiligheidsredes ook baie vroeër as gewoonlik hul deure sluit.

Mnr. Vincent Lebundi, ’n veiligheidswag by Incredible Connection, het gesê dat hy nie sy werk in die donker kan doen nie.

“Ek voel onveilig as ek nie kan sien wat die mense in die winkel doen nie.”

Huishoudings sukkel ook om sonder krag normaal te funksioneer.

Volgens mnr. John Bacon van Kempton Park uitbr. 4, moes sy gesin ’n gasstofie aanskaf om op kos te maak en water te kook vir ’n louwarm bad.

“Ons kisvrieskas het begin ontdooi, maar gelukkig kon ons die gevriesde kos by vriende wat krag het, gaan bêre.”

Mnr. Wynand Nortjé en sy gesin kuier gesellig in die kerslig.

“Die situasie is onvoorsien, wat kan mens doen?

“Ons ouer mense is in elk geval gewoond aan gas en kerse, dis die jonges wat so sukkel sonder elektrisiteit,” het Nortjé gesê.

Hy oorweeg dit om die naweek ’n kragopwekker aan te skaf.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |