Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Donker dae wag op die hele Suid-Afrika
Méér kragonderbrekings soos vandeesweek in Kempton Park aan die Oos-Rand kan landwyd verwag word. “Instandhouding van infrastruktuur is agterstallig en met die hoeveelheid skakeling by die substasies vir beurtkrag, gaan ons ’n toename sien in foute,” sê mnr. Willie de Beer, bedryfsbestuurder van EDI Holdings, wat gestig is om die kragverspreidingbedryf te herstruktureer. Volgens De Beer beloop die agterstand in instandhouding in dié bedryf sowat R20 miljard landwyd. “Daar is ook ’n tekort aan genoeg gekwalifiseerde mense in die bedryf,” sê hy. Volgens ’n voorlopige ondersoek is die brand by die substasie in Planestraat, Kempton Park, weens ’n soortgelyke fout as die ontploffing by die Witkoppie-substasie in Boksburg in Junie verlede jaar. ’n Kabel is moontlik deur ’n derde party-kontrakteur beskadig, wat tot ’n kortsluiting gelei het en die substasie laat brand het. Tóé is gesê só ’n fout het 20 jaar gelede laas voorgekom. Mnr. Mark Wilson, hoofbestuurder van Ekurhuleni-elektrisiteit, sê die infrastruktuur is oud. Die voortdurende aan-en-afskakel van substasies vir beurtkrag takel die infrastruktuur vinniger af. “Ekurhuleni het drie jaar gelede met ’n program begin om die ou toerusting te vervang. Die substasie wat gebrand het, was op die program om vervang te word,” sê hy. Dié substasie was sowat 38 jaar oud en die ideale ouderdom om substasies te vervang, is 40 jaar. “Die vervangdatum word egter ook bepaal deur hoe hard die stasie gewerk het,” sê hy. Wilson sê Ekurhuleni se agterstand in instandhouding gaan eers oor drie jaar uitgewis wees. Hoewel Ekurhuleni ook voorheen te min geld aan instandhouding bestee het, is honderde miljoene rande die afgelope vyf jaar uitgehaal, sê Wilson. Wilson sê die vaardigheidstekort is veral groot vir werk aan medium- tot hoogspanningtoerusting, soos substasies.
|
||||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|