Melville mak gemaak
Mense van Melville veg terug om dié Jhb-buurt saans weer leefbaar te maak sy inwoners.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Meer eet uit as krag af is
Apr 27 2008 08:44:10:220PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Herman Scholtz


Beurtkrag is nie die ideaal vir die restaurantbedryf nie, maar is aanvaarbaar soos Eskom dit tans bestuur.

Só het me. Wendy Alberts, uitvoerende hoof van die Restaurantvereniging van Suid-Afrika (Rasa) aan Beeld gesê. Rasa verteenwoordig sowat 1 300 restaurante oor Suid-Afrika.

Luidens ’n peiling wat deur die navorsingsmaatskappy Synovate gedoen is, eet meer as ’n kwart (26%) van Suid-Afrikaners meer gereeld uit sedert kragonderbrekings begin het.

Altesame 600 mense in Johannesburg, Durban en Kaapstad is in dié peiling ondervra.

Alberts meen die restaurantbedryf is in staat om uit dié geleentheid voordeel te trek ondanks die probleme van kragonderbrekings.

“Ons grootste bekommernis is die voorspelbaarheid van kragonderbrekings.

“Dit is een ding om voorbereid te wees en alternatiewe reëlings te tref, maar as die krag onverwags af is, lei dit tot chaos.”

Volgens haar het Rasa nog nie baie klagtes oor ongeskeduleerde kragonderbrekings ontvang nie.

Rasa het ook ’n voorlegging aan Eskom gedoen oor hoe kragonderbrekings toegepas kan word sonder om die bedryf te benadeel.

“Die restaurantbedryf het ook al aangepas by die omstandighede. Al hoe meer restaurante gebruik gas, installeer kragopwekkers en maak van mobiele banktegnologie gebruik vir kredietkaartmasjiene,” het Alberts gesê.

Byna al die restaurante by wie Beeld navrae gedoen het, bly tydens kragonderbrekings oop.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |