Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Polisie in Kempton Park raadop sonder krag
Sekere dele van Kempton Park kan tot Vrydag sonder krag wees ná die brand verlede Dinsdag by ’n substasie van die stad. Die gebiede wat nog sonder krag is, is die sakekern, Festival Mall, Esterpark uitbreiding 9, Allen Grove; ’n gedeelte van Rhodesfield, Sparton Manor, Cresslawn en Kempton Park uitbreidings 1, 2 en 4. Mense moet wegbly van die substasie in Planestraat, sê mnr. Ken Botha, waarnemende hoofbestuurder van Ekurhuleni-elektrisiteit. “Dit is gevaarlik. Die substasie is lewend, want 85% daarvan is reeds aangeskakel,” sê hy. Volgens Botha sal sommige woonbuurte se krag “binne tien dae ná die voorval aangesit word”. Vrydag is dit tien dae nadat die brand uitgebreek het. Botha het gesê daar word steeds deurnag gewerk om die 15% van die substasie wat nog beskadig is, te herstel. Intussen sit die polisie in Kempton Park met die hande in die hare. “Dit is chaos. Ons het geen manier om met mekaar of die gemeenskap te kommunikeer nie,” het dir. Deliwe de Lange, stasiebevelvoerder, gesê. Die kantoor se eie twee kragopwekkers het sedert Dinsdag ingegee en ’n derde opwekker moes inderhaas by die misdaadbekampingseenheid in Springs geleen word, berig Francois Oosthuizen. Die polisiekantoor maak staat op ’n enkele kragopwekker wat net genoeg krag lewer vir twee draagbare ligte. Die telefoonskakelbord, rekenaars en tweerigtingradio’s is buite werking. Supt. Lungelo Dlamini, polisiewoordvoerder vir Gauteng, het gesê hulle het mense in die area aangeraai om die polisie se noodnommer, 10111, te skakel. By navraag wat die polisie in hierdie noodsituasie doen om hul eie mense en die gemeenskap tegemoet te kom, het hy gesê die vrae “is irrelevant”. “Hoekom vra jy dit nie liewer vir Eskom nie,” het Dlamini gesê. Die distrikshof, wat langs die polisiekantoor geleë is, het ook ’n kragopwekker.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|