Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Watter kragopwekker sal in my behoeftes voorsien?
Om vas te stel watter soort en sterkte kragopwekker ’n verbruiker nodig het, is dit belangrik om te bepaal wat jy van die opwekker verwag, hoeveel geld beskikbaar is en faktore soos geraas en brandstofverbruik. Begin deur te besluit wat van die kragopwekker verwag word. Bereken dan die totale aantal watt wat die toerusting – wat deur die kragopwekker bedien moet word – nodig het en bepaal bepaal watter kraggradering benodig sal word om aan die vereistes te voldoen. Voeg ’n marge van 17% by as dit op die Hoëveld gebruik word om te vergoed vir die dun lug, en ’n verdere 15 tot 20% om te verseker dat die stelsel nie aanhoudend teen volle kapasiteit sal werk nie. As die kragopwekker stil moet wees, sal dit ’n mens se sak ruk, en moenie dink jy kan jou eie kas bou nie. Die stelsel sal oorverhit. Dis heelwat duurder om dieselaangedrewe opwekkers aan te skaf. Goedkoop koop is duur koop: Maak seker dat die verskaffer die kragopwekker waarborg en onderdele aanhou indien die stelsel onklaar sou raak. Gevestigde handelsname is somtyds heelwat duurder as hul Oosterse eweknieë, maar jy betaal nie net vir ’n naam nie. Hierdie vervaardigers lewer gewoonlik puik diens, terwyl hul produkte van puik gehalte is wat jare se goeie diens lewer. Maak seker die stelsel is toegerus met OSB. Installasie: Indien die kragopwekker geïntegreer word in ’n huis se bedrading, moet dit deur middel van gespesialiseerde skakelingstelsels gedoen word. Die goedkoopste manier om die skakeling te doen, is deur ’n handskakelaar wat spesifiek ontwerp is om die hoofkragtoevoer en die kragopwekkertoevoer op so ’n manier in die huisbedrading te lewer dat die twee toevoere nooit gelyktydig krag aan die bedrading kan lewer nie. Die tweede en duurste metode van skakeling is die gebruik van ’n outomatiese paneel wat die skakeling tussen die hooftoevoer en kragopwekker se toevoer met behulp van gesofistikeerde elektroniese beheerstelsels behartig, en ook die aan- en afskakeling van die opwekker behartig. Ongeag watter metode gebruik word, moet die skakelaar of paneel voldoen aan die SABS se veiligheidstandaarde en die installasie moet deur ’n gekwalifiseerde elektriese kontrakteur gedoen word. Kyk hierna wanneer jy ’n kragopwekker koop Die gevolg van die groot aantal invoerders van kragopwekkers wat nou die mark betree, is verwarring onder verbruikers oor presies wat spesifieke kragopwekkers se vermoëns is. Die volgende wenke en verduidelikings van terme is deur Direct Current Solutions verskaf: KVA-gradering (rating): Dit dui aan hoeveel krag die kragopwekker kan lewer. KVA-gradering is nie noodwendig dieselfde is as die KW-gradering in kragopwekking nie. Indien drie-fasekrag opgewek word, volg die fases mekaar meestal met wat die kragfaktor genoem word. Die kragfaktor word dan ook gewoonlik aangetref op die graderingsplaatjie van ’n kragopwekker as power factor = X of COS?= X, waar X die kragfaktor is. Die formule om die werklike krag in kilowatt te bereken, word uitgedruk as volg: KW = KVA x kragfaktor. Die rol wat hoogte bo seespieël speel in die gradering van ’n kragopwekker. Die tipiese verlies van enjinkrag in Gauteng beloop 17%. Dus word ’n 5,5 KVA-kragopwekker, wat die gewildste eenheid op die mark is, nou ’n 4,5 KVA-kragopwekker in Johannesburg. Drukaangejaagde enjins verloor heelwat minder krag in die dun lug van die Hoëveld. Wat is AVR/OSB? Outomatiese spanningsbeheer is ’n geïntegreerde elektroniese beheerstelsel in sekere kragopwekkers wat die uitsetspanning van die stelsel op so ’n wyse beheer dat dit nooit bo ’n vasgestelde waarde kan styg nie. Boonop verhoed die stelsel dat die elektroniese stroombaan spanningspieke (voltage spikes) deurlaat wat sensitiewe toestelle negatief kan beïnvloed. Hoeveel krag gebruik die toestelle in jou huis? Toestelle gebruik soveel krag as wat op die verpakking of toestel aangedui is. Sekere toestelle het egter tot drie maal die aangeduide hoeveelheid krag nodig om aan te skakel. Dit wil sê ’n 750 W-swembadpompmotor kan tot 2 250 W nodig hê om behoorlik aan te skakel. Ander toestelle wat meer krag benodig, is elektriese hekke of motorhuisdeure, yskaste en vrieskaste.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|