Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Eskom hou dalk nie by lisensie-eise met baie beurtkrag
Apr 30 2008 08:09:40:317PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Aldi Schoeman

Eskom kan weens die moontlike oortreding van lisensievoorwaardes ondersoek word.

Dié ondersoek kan spruit uit ’n ondersoek wat die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) doen na die hoë voorkoms van beurtkrag in Januarie.

“As iets die ondersoekers se oog vang wat hulle laat vermoed Eskom het sy lisensievoorwaardes oortree, kan ’n ondersoek volg,” het mnr. Mbulelo Ncetezo, uitvoerende bestuurder van elektrisiteitsregulering by Nersa, gister gesê.

Indien Eskom skuldig bevind word en nie binne ’n sekere tyd veranderinge aanbring nie, kan ’n tribunaal ’n maksimum boete oplê van 10% van Eskom se jaarlikse omset of R2 miljoen per dag, na gelang van die grootste bedrag.

Eskom se isensievoorwaardes sluit in die handhawing van skedules en standaarde van dienslewering.

Nersa het einde Januarie op ’n maandvergadering besluit om ondersoek in te stel na die redes vir beurtkrag.

“Die verslag met bevindings van die komitee wat die ondersoek behartig, word op 7 Mei oorhandig aan die sub-komitee van die reguleerder verantwoordelik vir elektrisiteit,” het Ncetezo gesê.

Dié sub-komitee sal besluit of ’n verdere ondersoek nodig is.

Só ’n ondersoekspan kan uit werknemers van Nersa en kenners in die veld saamgestel word.

“Die ondersoekers kan dan hul saak teen Eskom aan ’n tribunaal stel,” het Ncetezo gesê.

“Die tribunaal kan uit die nege reguleerders by Nersa saamgestel word.”

Dié tribunaal sal besluit of Eskom oortree het, waarna Eskom gewaarsku sal word om binne ’n sekere tyd veranderinge aan te bring.

“As veranderinge nie gemaak word nie, kan die tribunaal boetes oplê,” het Ncetezo bygevoeg.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |