Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Beurtkrag verby, maar...
Beurtkrag is verby. Vir eers en as mense só aanhou krag bespaar. Eskom het gister dié goeie nuus gehad vir verbruikers wat gebuk gaan onder beurtkrag: geskeduleerde onderbrekings word van Maandag af landwyd opgeskort. “Maar ons kan dit nie alleen doen nie. Ons pleit by die mense om ons te help om genoeg krag te bespaar sodat beurtkrag permanent opgeskort kan bly,” het mnr. Andrew Etzinger, Eskom se hoofbestuurder van aanvraag, gisteraand aan Beeld gesê. Verbruikers sal dus nie na hul ou weë kan terugkeer nie. Die kragsituasie bly ernstig, het Etzinger gesê. “Die bewyse is daar dat munisipaliteite meer krag bespaar en Eskom is optimisties dat verdere afnames om die 10%- mikpunt te bereik, nie vergesog is nie,” het mnr. Jacob Maroga, uitvoerende hoof, in ’n verklaring gesê. Geskeduleerde kragonderbrekings vir hierdie week is reeds opgeskort weens die agtereenvolgende vakansiedae en die verminderde elektrisiteitsverbruik wat daarmee gepaard gaan. ’n Taakspan wat uit uitvoerende Eskom-personeel en senior amptenare van landwye munisipaliteite bestaan, sal vroeg volgende week vergader om verdere besparingsmetodes te bespreek om die nasionale mikpunt te bereik. “Ons het van die begin af gesê dat beurtkrag nie die voorkeur-opsie is om die 10%-besparing te bereik nie. Huidige besparings, veral dié van nywerhede, toon dat deur voortgesette samewerking deur almal is dít moontlik,” het Maroga gesê. Etzinger het ontken dat die skade aan ’n substasie in Kempton Park aan die Oos-Rand, glo weens beurtkrag, Eskom se opskortingsbesluit aangehelp het. Dié skade het groot dele van Kempton Park dae lank sonder krag gelaat. “Op hierdie stadium is dit (die oorsaak van die skade) net bespiegeling. Die ondersoek na die oorsake is nog aan die gang en niemand het tans ’n antwoord hiervoor nie.” Etzinger het egter erken dat beurtkrag wél druk op verspreidingsnetwerke plaas. Dit plaas ook munisipaliteite se tegnici én hul werknemers onder druk. Hy het gesê Eskom het volgehou dat hulle die resultate van beurtkrag op ’n maandelikse grondslag sal monitor en dis presies wat hier gebeur het. “Ons moet dankie sê aan munisipaliteite en huishoudings wat hul kant gebring het. Die land se 11 groot metro’s het tussen 5% en 8% bespaar. Mense moet egter onthou dat die situasie ernstig is én as die besparingsyfer drasties daal, sal ons genoodsaak wees om wéér beurtkrag in te stel.”
|
||||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|