' 'n Kankerpasiënt moet déélneem'
Dr. Ivan Cohen het nie gedink hy gaan lewend wees wanneer sy boek verskyn nie.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Skaatsbaan sluit ná ys weens kragkrisis smelt
May 01 2008 08:11:11:090PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Daniel Fisher (12) kon nie vir sy yshokkiewedstryde oefen nie nadat die ysskaatsbaan by die Festival Mall in Kempton Park weens die kragkrisis moes sluit. Foto: Gloria Edwards
Gloria Edwards

’n Openbare ysskaatsbaan in Kempton Park moes sy deure sluit nadat die ys weens die kragkrisis begin smelt het.

Volgens mnr. Paulos Phakathi, die bestuurder, het die ys verlede Woensdag, ’n dag nadat die stad deur ’n brand by ’n substasie in die duister gedompel is, begin smelt en is hy genoodsaak om die ysskaatsbaan te sluit.

“Ons het groot verliese gely,” het hy gesê.

Tydens ’n langnaweek is daar volgens Phakathi maklik 700 skaatsers per dag by die baan.

Teen R50 per persoon verloor dié onderneming sowat R35 000 per dag.

Hy het gesê hul kragopwekker was ook nie sterk genoeg om die masjiene aan die gang te hou wat die ys maak nie.

Desperate werkers sou tot vandag nog swoeg om die ys 3,5 cm dik te kry.

“Ons hoop om Saterdag omstreeks 10:00 te heropen. Ons bid net dat die krag nie weer afgaan nie.”

Intussen het hordes jeugdiges die baan gister omsingel en gehoop dit open vroeër.

Daniel Fisher (12), ’n yshokkiespeler, het sy teleurstelling te kenne gegee nadat twee wedstryde gekanselleer moes word. “Ons kan ook nie eens vir die wedstryde oefen nie. Ons is baie ongelukkig.”

Mnr. Zweli Dlamini, woordvoerder van die Ekurhuleni-metroraad, het gesê die ysskaatsbaan kan nie skadevergoeding van die metroraad eis nie. “Die substasie-brand was ’n onverwagse voorval en kon nie verhinder word nie. Dus kan mense nie vir verliese eis nie, mits hulle nalatigheid kan bewys.”

Hy het gesê die hele stad se kragtoevoer sou teen gisteraand herstel wees.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |