Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Kempton Park se inwoners al 2 weke sonder elektrisiteit
Sommige inwoners van Kempton Park kom nou al byna twee weke lank sonder krag klaar. Dít nadat ’n ontploffing by ’n substasie weens ’n kabelfout wat die stad in duisternis gedompel het. Teen eergister was die meeste buurte se kragtoevoer al herstel, maar enkele woonbuurte sou volgens die Ekurhuleni-metroraad teen gister laat eers weer krag hê. Intussen het ontstoke inwoners by Beeld gekla oor hul beproewings sonder elektrisiteit. Mnr. Frans Venter en sy vrou, Elna, van Rhodesfield Proper was gister moedeloos nadat hul kragopwekker die gees gegee het. Honderde rande se vleis, wat hulle met yspakke probeer koud hou het, moes weggegooi word. “Ons kry geen antwoord by die munisipaliteit nie. Ons wil net weet wanneer die krag weer gaan aankom,” het mnr. Venter gesê. Die Venters het sowat R180 per dag aan petrol vir die kragopwekker betaal. “Wat nog te praat van die kos wat ons moet weggooi, die gas vir die gasstofie en die ongerief van koue storte, paraffienlampe en kerse.” Mev. Corrie Loxton, ’n buurvrou en eienaar van Ouma se Kleuterskool, het gesê dis ’n nagmerrie om in die donker na 13 kleuters om te sien. Dié skool se krag is eergisteraand herstel. Luidens mnr. Zweli Dlamini, metroraad-woordvoerder, sou die Norkem Park- en Birchleigh-gebiede se krag teen gisteraand herstel wees. Hy het inwoners gevra om seker te maak hul hoofskakelaars is aan. Daarna kan hulle die inbelsentrum by 011 907 1111 bel.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|