Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Kempton: Talle het nie krag
Ten spyte daarvan dat die Ekurhuleni-metroraad beloof het om kragtoevoer na die hele Kempton Park teen eergisteraand te herstel, is enkele inwoners nog sonder elektrisiteit. Verskeie inwoners kom nou al twee weke lank sonder krag klaar nadat ’n ontploffing by ’n substasie weens ’n kabelfout die stad in duisternis gedompel het. Teen Woensdagaand was die meeste buurte se kragtoevoer al herstel. Dele van Birchleigh, Birch-leigh-Noord en Norkem Park, sou volgens die metroraad teen eergister laat eers weer krag hê. Dit het egter glo nie gebeur nie. Mnr. Willem van der Westhuizen van Birchleigh-Noord het gister gesê die kragtoevoer na sy huis in Pongolarivierlaan is steeds nie herstel nie. “Ons het nie ’n kragopwekker nie en probeer die kos met yspakke koud hou. Ons sal plan moet maak om by familie in Springs te gaan bly as dit langer aanhou.” Hy het gesê hy kon “glad nie deurkom na die inbelsentrum nie”. Die kragtoevoer van mnr. Frans Venter en sy vrou, Elna, van Rhodesfield Proper oor wie Beeld gister berig het, is gister herstel nadat Beeld die metroraad ingelig het. Mnr. Zweli Dlamini, metroraadwoordvoerder, het gesê Norkem Park se kragtoevoer is herstel, maar daar is ’n kabelfout in Birchleigh en Birchleigh-Noord. “Ons is besig om die kabel wat probleme gee, te vervang.” Dié buurt se kragtoevoer sal volgens hom teen vanmiddag herstel wees.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|