Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
DA gaan minister pak oor substasies
Die DA wil mnr. Alec Erwin, minister van openbare ondernemings, in die parlement pak oor die vraag of beurtkrag vir die onlangse skade by substasies in Kempton Park en Walmer in die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit verantwoordelik was. Mnr. Manie van Dyk, DA-woordvoerder oor openbare werke, het gesê hulle wil weet wat die redes vir die ontploffings by die substasies was en wie verantwoordelik is vir die onderhoud van talle verouderde substasies. “Ons wil weet of die ontploffings deur die af- en aanskakel wat met beurtkrag gepaardgaan, veroorsaak is. In die geval van Walmer is daar munisipale amptenare wat glo erken het dat die substasie verouderd én die toerusting nie ontwerp is om gedurig aan- en afgeskakel te word nie,” het Van Dyk gesê. Dele van Kempton Park was meer as twee weke lank sonder elektrisiteit toe ’n substasie glo weens ’n kabelfout ontplof het. Mnr. Andrew Etzinger, Eskom se hoofbestuurder van aanvraag, het verlede week gesê die ondersoek na die ontploffing is nog nie afgehandel nie en dat hulle nie in dié stadium wil bespiegel nie. Etzinger het ook ontken dat beurtkrag opgeskort is weens die moontlikheid dat dit skade aan die verspreidingsnetwerk aanrig. Die rede wat Eskom aangevoer het, is dat die land se 11 groot metro’s reeds tussen 5% en 8% elektrisiteit bespaar het. Dít terwyl die besparingsmikpunt 10% is. Ten tyde van die opskort-aankondiging was die steenkoolvoorraad genoeg vir 13 dae en nié 20 dae soos wat Eskom as ideaal beskryf nie. Van Dyk het egter gesê mense moet besef dat die opskorting van beurtkrag slegs tydelik van aard is. “Onbeplande onderhoud én weersomstandighede kan veroorsaak dat beurtkrag môre weer ’n realiteit word. “Ons het onlangs gehoor dat die land vir die volgende vyf tot ses jaar met beurtkrag sal moet klaarkom. Die hele winter lê nog voor en ek dink nie ons moet nou al te gerus raak nie.”
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|