Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
‘Hele Kempton het weer krag’
Ná twee weke in die donker is Kempton Park se kragtoevoer volgens die Ekurhuleni-metroraad ten volle herstel. Dít nadat ’n ontploffing by ’n substasie die stad lank in die duister gelaat het. Teen Vrydagaand was enkele dele van Birchleigh en Birchleigh-Noord steeds sonder elektrisiteit. Mnr. Zweli Dlamini, metroraad-woordvoerder, het gister gesê ’n kabelfout wat nie met die ontploffing verband hou nie, het dié gebiede sonder krag gelaat. “Die kabel is vervang en die hele Kempton Park het nou weer krag.” – Gloria Edwards
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|