Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Honger rot dompel voorstad in donker
Vanderbijlpark. – Net toe inwoners van ’n woonbuurt hier meen hulle is die ongelukkige slagoffers van Eskom se ongeskeduleerde kragonderbrekings, het hulle die nuus gekry dat ’n rot hulle sewe uur lank in die duister gehou het. Skade wat dié rot aan ’n elektriese skakelaar aangerig het, gaan boonop minstens R100 000 kos om te herstel. Me. Joan van Ellewee van Chopinstraat in SW5 het Beeld gister gebel met die nuus dat die substasie in dié woonbuurt dalk “ontplof” het weens beurtkrag wat tot onlangs nog deur Eskom toegepas is. Toe die krag net ná 18:00 eergisteraand afgaan, het van Ellewee en van haar bure gemeen dit is dalk net die begin van Eskom se ongeskeduleerde kragonderbrekings. Toe Van Ellewee egter kort daarna ’n ontploffing hoor, het sy gemeen dié substasie, ’n klipgooi van haar woonstel af, het ontplof omdat die infrastruktuur geswig het onder beurtkrag. Beeld het egter, nadat die krag gisteroggend weer bykans drie uur lankin SW5 af was, die substasie in Chopinstraat besoek en ’n reuse-rot voor die deur sien lê. Van die elektrisiëns wat in die substasie gewerskaf het, het vertel die rot het eergistermiddag agter, by een van die skakelaars ingekruip, en ’n kortsluiting veroorsaak. Volgens Van Ellewee was die krag Sondagaand langer as ses uur af. Dit het net ná 21:00 aangegaan, maar gisteroggend net ná 09:00 weer skielik afgegaan. Sy het die vorige aand, nadat sy die ontploffing gehoor het, na die substasie toe gestap om te sien wat gebeur het. “Daar was ’n tweede ontploffing en ’n lig wat geflits het,” het Van Ellewee vertel. Kort daarna het die brandweer opgedaag. “Iemand moes die Emfuleni-plaaslike owerheid ook gebel het, want ’n uur of wat later was daar ’n klomp mense.” ’n Elektrisiën wat gister besig was met herstelwerk by die substasie, het gesê sowat 1 000 huishoudings in SW5 en kleinhoewes by Mantevrede is deur die kragonderbreking geraak. “Hierdie keer was dit nie Eskom se skuld nie,” het hy gesê en na die dooie rot voor die deur gewys. Die kragtoevoer is eergisteraand gedeeltelik herstel met die hulp van een kabel, pleks van die gewone twee omdat die vraag in die nag laer is. Die Emfuleni- plaaslike owerheid het die voorval en die rot se aandeel daarin bevestig.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|