' 'n Kankerpasiënt moet déélneem'
Dr. Ivan Cohen het nie gedink hy gaan lewend wees wanneer sy boek verskyn nie.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Krag kwel steeds in Kempton Park
May 06 2008 10:31:55:260PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Sommige woonbuurte in Kempton Park is steeds kort-kort sonder krag omdat die kabels beskadig is toe ’n substasie daar twee weke gelede ontplof het.

Volgens Zweli Dlamini, woordvoerder van die metroraad, ontvang Ekurhuleni-elektrisiteit se oproepsentrum soveel navrae dat dit te veel is om te behartig.

Mnr. Mark Wilson, hoof van Ekurhuleni-elektrisiteit, sê in sommige gevalle is sy departement afhanklik van mense se oproepe aan die oproepsentrum om te weet waar die foute is.

’n Operateur by dié oproepsentrum het verlede week aan Beeld gesê dit is normaal as mense tot solank as 15 minute wag vir hul oproep om beantwoord te word.

“ ’n Nuwe oproepsentrum gaan binnekort op die been wees om te verseker dat ons doeltreffend kan wees, veral in noodgevalle soos dié,” sê Dlamini.

Die huidige noodnommer gaan dan slegs gebruik word vir lewensgevaarlike situasies.

Volgens Wilson kan die nuwe oproepsentrum binne drie weke werk. Dit word uitgekontrakteer en kan moontlik ’n tolvrye nommer kry.

Intussen, sê Wilson, moet mense steeds die noodnommer 011 458 3000 bel vir hul kragprobleme. As hulle nie daar regkom nie, kan hulle 011 899 4020 of 011 899 4023 bel. Dié nommers is slegs om kragonderbrekings aan te meld. – Aldi Schoeman


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |