Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Durbaniete sukkel glo om krag te bespaar
Durban. – Beurtkrag ten spyt laat Durbaniete skynbaar moeilik van hul kwistige kraggewoontes af sien. In die eerste drie maande van die jaar het die Durbanse metropool sy normale kragverbruik met slegs 1,8% ingekort. Dít sluit die tye in Januarie en Februarie in toe Eskom kragtoevoer as noodmaatreël onderbreek het om die land se elektrisiteitsnetwerk te stabiliseer. Hoewel Eskom “om ’n verskeidenheid van redes” besluit het om die onderbrekings te staak, kán dit weer ingestel word, het mnr. Deena Govender, ’n bestuurder in die eThekwini-munisipaliteit se elektrisiteitsafdeling, gister gewaarsku. “Die opskorting van beurtkrag beteken nie ons is skotvry nie,” het mnr. Sandile Maphumulo, hoof van die stad se elektrisiteitsafdeling, gesê. Ondernemings en nywerhede in die stad is die laaste weke swaar getref toe die munisipaliteit h?lle ook aan beurtkrag onderwerp het weens hoër besparingseise van Eskom. In dié tyd het minstens een onderneming aansoek om ’n hofbevel teen die munisipaliteit gedoen om nie sy krag af te sny nie. Dít was voordat Eskom aangekondig het hy skort beurtkrag op. Mnr. Vincent Zondi van eThekwini se elektrisiteitsafdeling het gesê dit is vir huishoudings moeiliker om hul kragverbruik te bepaal en hoe hulle 10% gaan bespaar. Eskom neem die tydperk tussen Oktober 2006 en September 2007 as basislyn. ’n Huishouding kan dus sy kragverbruik oor dié tyd deur 12 deel om die gemiddelde verbruik per maand te bepaal en só uit te werk hoeveel bespaar behoort te word, het Govender gesê. ’n Feit om te onthou is dat ’n geiser verantwoordelik is vir sowat 40% se elektrisiteitsverbruik. Die eThekwini-munisipaliteit het nou met ’n bewusmakingsveldtog begin om mense aan te moedig om krag te spaar, het Govender gesê. In die eerste drie maande van die jaar het inwoners van Newcastle beurtkrag heeltemal vrygespring omdat die munisipaliteit ná die eerste onderbreking in November, die grootste kragverbruikers gevra het om krag te spaar. Die afstandbeheerde skakelaars (ripples) waarmee 95% van die stad se huishoudings toegerus is, is ook gebruik om besparings teweeg te bring, het mnr. Robin Mallison, adjunk-stadsbestuurder, einde Maart op ’n KwaZulu-Natalse provinsiale elektrisiteitsberaad gesê. Hy het egter bygevoeg dat dit moeilik is om mense te motiveer om vrywillig met sulke kragbesparings vol te hou.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|