' 'n Kankerpasiënt moet déélneem'
Dr. Ivan Cohen het nie gedink hy gaan lewend wees wanneer sy boek verskyn nie.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


‘Krag sal nie afgaan as besparings aangaan’
May 08 2008 08:53:44:183PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Verwante Berigte
  • Vullis-, krag-, busdienste verlam
  • Amptenare probeer toe by kerslig werk
  • Húlle sukkel glo om krag te spaar
  • Opwekkers kos hospitaalgroepe miljoene
  • Lang oorgang van krag na gas



  • Kaapstad. – Kragonderbrekings in die wintermaande wat voorlê is onwaarskynlik as die heersende besparingsneigings voortduur, het mnr. Alec Erwin, minister van openbare ondernemings, gister op ’n mediakonferensie by die parlement gesê.

    “Die oorkoepelende besparingsteiken bly 10% en die sleutelfaktor is die gedragsverandering wat op kort termyn deurslaggewend is.”

    Hy het gesê die rede waarom Eskom in staat was om geskeduleerde kragonderbrekings te staak, is omdat “ons goeie vordering met besparing gesien het. Ek dink die werkgroep met die tien topkliënte (van Eskom) werk regtig goed. Die nywerheidskliënte het die 10%-teiken redelik maklik bereik.”

    Hy het gesê inwerkingtreding van energiedoeltreffende toerusting was baie belangrik.

    “Van die werk wat ons met dié top 10 kliënte doen, is om hul (krag)meetprosesse te verbeter sodat toerusting gebruik kan word wat die energielading oor ’n tydperk kan bestuur.”

    Die projek om die gebruik van sonwaterverwarmingstelsels spoedig te laat toeneem, is ook glo ver gevorder.

    Erwin het gesê as dié mikpunte bereik kan word, die besparingsgewoontes behoue kan bly en die 10%-besparing bereik kan word, “behoort ons ’n reserwe marge te hê waarmee ons gemaklik sal kan voel”.

    Hy het gewaarsku dat ’n vlaag van skielike uiterste koue of probleme met transmissielyne beurtkrag weer kan terugbring.

    “Ons moet mense daaroor waarsku, maar sover is die verbintenis van belanghebbendes inderdaad baie goed.”

    Erwin het ook die hoop uitgespreek dat die energiespitsberaad op 16 Mei ’n gemeenskaplike begrip sal skep vir die noodsaaklikheid van die beoogde elektrisiteitsprysverhoging op ’n manier wat die minste impak op almal gaan hê.

    Hy het gesê die impak op arm huishoudings sal so ver moontlik beperk word. – Sapa


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |