' 'n Kankerpasiënt moet déélneem'
Dr. Ivan Cohen het nie gedink hy gaan lewend wees wanneer sy boek verskyn nie.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Amptenare probeer toe by kerslig werk
May 08 2008 09:03:16:123PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Alet Rademeyer


Onderwysamptenare wat in die Gautengse provinsiale regering se kantore in Pretoria (die ou TPA-gebou) werk, moes gister “soos molle in die duister rondtas”.

Ontstoke amptenare het dit onder Beeld se aandag gebring dat daar geen elektrisiteit of water in die gebou is nie.

Dit rede wat aangevoer word, is dat die munisipale rekening glo nie betaal is nie.

’n Onderwyswoordvoerder kon dit nie gister bevestig nie.

Een amptenaar het gesê hulle kan die publiek glad nie help nie omdat hulle telefone wat aan die elektrisiteit gekoppel is, ook nie werk nie.

“Dit is stikdonker in die gebou en om alles te vererger het van die personeel ook op die trappe geval.”

Die tientalle personeellede, wat ook van ander staatsdepartemente is, kon ook nie enige van die toilette gebruik nie.

Van die amptenare het kerse gebruik om van hulle werk te probeer doen.

Nog ’n amptenaar wat tans met die hereksamen van matrikulante gemoeid is, het gesê die gebrek aan elektrisiteit het verder tot die afgelope week se chaos bygedra.

“Ons kan nie hul antwoordstelle inskandeer of hul gegewens op die rekenaarstelsel invoer nie.

“Ek het kandidate van sover as Limpopo gehad waarvoor ek nie die nodige dokumente kon uitreik nie.”

Beeld het vroeër vandeesweek berig oor die chaos by eksamensentrums waar kandidate die hereksamens skryf.

In talle gevalle het hulle glad nie opgedaag nie en in ander kon die skryfsessies eers laat begin omdat die kandidate nie hul eksamennommers of ID-dokumente kon toon nie.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |