Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Fluitjieblasers 'loop deur'
Fluitjieblasers wat by Eskom werk en met ANC-leiers oor “bestuursprobleme” by Eskom gepraat het, word daarvan beskuldig dat hulle die probleme “buite konteks oorgedra het”. “Vir my is die probleem dat die fluitjieblasers na buite gegaan het,” het mnr. Fani Zulu, Eskom-woordvoerder, gister gesê. “As Eskom se interne kommunikasie beter was, sou hulle nie na buite gegaan het nie, want hulle sou die antwoorde binne die organisasie gekry het,” het hy gesê. Die Sunday Times het gister berig die ANC het ’n verslag oor Eskom opgestel, maar dit nog nie formeel in ’n partyvergadering voorgelê nie. Mnr. Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het egter gister ontken dat die ANC só ’n ondersoek gedoen het, berig Cobus Coetzee. Volgens Zulu het hy die eerste keer van so ’n verslag gehoor toe dié Sondagkoerant hom vir kommentaar genader het. Luidens die Sunday Times oorweeg die ANC nou regsadvies nadat hulle sekere inligting deur Eskom-fluitjieblasers bekom het. Een van die ANC-verslag se bevindings is glo dat krag wat van die Cahora Bassa- hidroëlektriese skema in Mosambiek afkomstig is, na Zimbabwe herlei is. Zulu sê dié bewering moet in konteks gesien word. Volgens hom is ’n gedeelte van die krag deur Zimbabwe en Botswana na Suid-Afrika herlei, omdat dit weens ’n netwerkprobleem nie regstreeks na Suid-Afrika herlei kon word nie. “Die vraag moet gevra word: waar is hierdie krag gebruik? Die krag is nie in Zimbabwe gebruik nie, maar in Suid-Afrika.” Luidens die verslag het Eskom glo ’n stelsel van infrastruktuuronderhoud ontwikkel wat sy bestuur aangemoedig het om bonusse te verdien deur minder aan die verouderende infrastruktuur te bestee. Ook het die verslag glo bevind besparings wat op die onderhoudsbegroting gemaak is, is in die private sektor belê. Dít het Eskom se winste opgestoot en bestuurders kon dus op groot bonusse aanspraak maak. In antwoord op dié aantygings het Zulu gesê “die fluitjieblasers moet meer besonderhede gee”. Verder lui die verslag glo die kontrakteurs wat vir Eskom onderhoudswerk mos doen, kon nie bybly nie en belangrike herstelwerk is nie gedoen nie. “Die rede waarom alle onderhoudswerk nie gedoen kon word nie, is dat die stelsel onder druk was weens hoë aanvraag en te min kragvoorsiening,” het Zulu gesê.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|