Video: Spikkels bring Beeld
Plof! Uit die bed, deur die veiligheidshek, af met die trappe tot by die motorhuisdeur...
Beeld
Matriek-fotokompetisie
Kyk na die eerste matriekafskeid-foto's.
Stuur jou foto na jip@beeld.com.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Beurtkrag kan die winter terugkeer, waarsku Eskom
Jun 03 2008 09:33:58:430PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Beurtkrag op kort kennisgewing is dié winter ’n moontlikheid.

Die skedules wat in April gebruik is, gaan toegepas word.

Mnr. Fani Zulu, Eskom-woordvoerder, het verbruikers gister aangeraai om seker te maak wanneer beurtkrag by hul woonplek en werkplek toegepas word.

Beurtkrag sal glo net weens onbeplande omstandighede – erge koue, wat die aanvraag verhoog, of foute by kragstasies wat tot onbeplande herstelwerk lei – toegepas word.

Eskom sal die media, veral radio, gebruik om mense in te lig.

Zulu het drie strategieë genoem wat Eskom kan volg om beurtkrag te verhinder:

  • Sommige onbeplande herstelwerk kan uitgestel word as Eskom vermoed koue weer gaan tot ’n tekort aan krag lei;

  • Eskom gaan tweedens in dié tye sterk klem lê op kragbesparing; en

  • Ander kragbronne, soos die kragturbines, kan teen ’n hoër kapasiteit ingespan word.

    “Die gasturbines is ontwerp om teen 5% van hul kapasiteit te funksioneer. Dit behoort net in spitstye aangeskakel te word, maar kan in nie-spitstye gebruik word as nodig,” het Zulu gesê.

    Hul brandstof is duur, het mnr. Jacob Maroga, uitvoerende hoof van Eskom, vroeër gesê.

    Volgens Zulu het die steenkoolvoorraadsituasie noemenswaardig verbeter. Die gemiddeld is nou 19 dae se voorraad by elke steenkoolkragstasie. Geen stasie het minder as 13 dae se voorraad nie. – Aldi Schoeman


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |