|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
’n Openbare ysskaatsbaan in Kempton Park moes sy deure sluit nadat die ys weens die kragkrisis begin smelt het.
Ná twee weke in die donker is Kempton Park se kragtoevoer volgens die Ekurhuleni-metroraad ten volle herstel.
Sommige inwoners van Kempton Park kom nou al byna twee weke lank sonder krag klaar.
Die elektrisiteitskrisis in Suid-Afrika sal nie opgelos word deur die instelling van slegs ’n boetestelsel nie...
Die kragtoevoer na die hele Kempton Park behoort teen vanoggend herstel te wees, het mnr. Ken Botha, waarnemende hoofbestuurder van Ekurhuleni-elektrisiteit, gistermiddag gesê.
Probleme met kragvoorsiening sal nie laekostebehuisingsontwikkelings kortwiek nie.
'n Vrou en haar troetelvoël is dood weens versmoring as gevolg van die walms van haar kragopwekker wat sy tydens ’n kragonderbreking gebruik het.
'n Dokter het ’n man se lewe gered toe hy nie net op sy hart geopereer het nie, maar ook beurtkrag by die hospitaal gestop gekry het sodat daar elektrisiteit was vir ’n mediese prosedure.
Kempton Park is in die duister gedompel nadat ’n elektrisiteit-substasie in Planestraat in die sakekern aan die brand geraak het.
Die SAKP het sy stem gevoeg by dié van Cosatu dat ’n moratorium geplaas word op die beplande verhogings in elektrisiteitspryse.
'n Nuwe behuisingsprojek wat sowat 5 800 huise aan mense in laer inkomstegroepe sou voorsien, word tydelik verlam omdat Eskom nie daarvoor krag kan aanlê nie.
Romantiese kersligetes, vleisbraai en vroeg inkruip is ná talle kragonderbrekings nie meer ’n avontuur nie.
Volg dié wenke en wees altyd voorbereid op kragonderbrekings:
Teen dié tyd begin dit darem al stadig by mense insink dat ons elkeen ’n bydrae gaan moet maak om energie te bespaar.
Met die onsekerheid van beurtkragskedules waar onder gefrustreerde Suid-Afrikaners steeds gebuk gaan, kan ondernemings wat kragopwekkers verkoop skaars voorbly om in die aanvraag te voorsien.
"As inwoners in die Tshwane-metrogebied nie binnekort minder krag begin verbruik nie, is ’n donker en koue winter op hande."
Net soos brandstofverbruikers aan die styging van die olieprys blootgestel is, wil Eskom hê kragverbruikers moet vir die stygende steenkoolprys betaal, het mnr. Jacob Maroga, Eskom se uitvoerende hoof, gesê.
Beurtkrag in Boksburg was glo die oorsaak van ’n ernstige ongeluk.
Die Mbombela-munisipaliteit gaan dalk R10 miljoen aan kragopwekkers bestee om Eskom se kragonderbrekings teë te werk.
Verbruikers sal op 6 Junie weet hoeveel hulle voortaan vir elektrisiteit gaan betaal.
Selfs tydens kragonderbrekings moet mense liefs nie aan kragkabels vat nie, waarsku mnr. Werner Vermaak, woordvoerder van ER24.
Beurtkrag in die ooste van Pretoria het nie die wind uit die seile van die kunstenaar Nataniël óf die gaste by die derde Boeke-Insig-Boektafel gehaal nie.
Nóg prysskokke wag op vuisvoos Suid-Afrikaners wat kinders op skool het.
Eskom kan weens die moontlike oortreding van lisensievoorwaardes ondersoek word.
Sekere dele van Kempton Park kan tot Vrydag sonder krag wees ná die brand verlede Dinsdag by ’n substasie van die stad.
’n Bejaarde egpaar en hul seun het gesterf in ’n brand wat vermoedelik deur ’n kers veroorsaak is ná ’n kragonderbreking.
Inwoners in sekere dele van Kempton Park gaan nog vir tot tien dae lank sonder krag moet klaarkom.
Meer as 200 ontstoke inwoners van 'n township buite Bronkhorstspruit het Eskom-beamptes as gyselaar aangehou totdat krag in dié buurt aangeskakel is.
Arm huishoudings in Suid-Afrika wat nie aan Eskom se kragnetwerk gekoppel is nie, kan dalk vroeg volgende jaar hul huise met sonkrag verlig.
Altesame 190 diesel-lokomotiewe gaan in 2010 tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi gereed staan, ingeval iets fout gaan met die elektriese lokomotiewe van Metrorail-treine waarin toeskouers rondgekarwei gaan word.
Fluitjieblasers wat by Eskom werk en met ANC-leiers oor “bestuursprobleme” by Eskom gepraat het, word daarvan beskuldig dat hulle die probleme “buite konteks oorgedra het”.
|
Sommige woonbuurte in Kempton Park is steeds kort-kort sonder krag omdat die kabels beskadig is toe ’n substasie daar twee weke gelede ontplof het.
Beurtkrag op kort kennisgewing is dié winter ’n moontlikheid.
Ten spyte daarvan dat die Ekurhuleni-metroraad beloof het om kragtoevoer na die hele Kempton Park teen eergisteraand te herstel, is enkele inwoners nog sonder elektrisiteit.
Om vas te stel watter soort en sterkte kragopwekker ’n verbruiker nodig het, is dit belangrik om te bepaal wat jy van die opwekker verwag, hoeveel geld beskikbaar is en faktore soos geraas en brandstofverbruik.
Die Rooiwal- en Pretoria-Wes-kragstasie is tans nog Pretorianers se redding, maar van 1 Mei af gaan kragonderbrekings daagliks hul voorland wees.
Die vakverbond Cosatu en die SAKP het geëis Eskom moet sy aansoek vir die 53%-verhoging van die kragprys terugtrek en daar moet ’n moratorium op kospryse se verhoging geplaas word.
Terwyl kragonderbrekings baie moedeloos laat, buit misdadigers dit uit deur hulself as munisipale- of Eskom-werkers voor te doen om toegang tot huise te kry om te roof.
Mnr. Valli Moosa, voorsitter van die raad van Eskom, het hom in ’n storm van protes vasgeloop oor sy siening dat kernkrag deel van die oplossing van Suid-Afrika se kragprobleme moet wees.
’n Boer het ’n blink plan gemaak om water sonder enige elektrisiteit te verwarm.
Energiebesparende lampies kan vanweë die kwikinhoud gesondheidsgevare inhou as dit nie op die regte manier weggegooi word nie.
"Suid-Afrikaners wat meer as ’n vasgestelde hoeveelheid elektrisiteit in hul huise gebruik, behoort drie tot vier keer die huidige prys daarvoor te betaal."
Suid-Afrika kan binne die volgende drie tot vyf jaar sowat 1 400 MW bespaar deur hernieubare energiebronne te ontgin...
Die kragreus Eskom is glo na aan 'n ooreenkoms om meer elektrisiteit van Mosambiek se Cahora Bassa-ontwikkeling te kry in 'n poging om verligting te bring in die kragkrisis in Suid-Afrika.
"Suid-Afrikaners moet eintlik dankbaar wees vir voorkomende beurtkragmaatreëls,..."
Álle inwoners word oor dieselfde kam geskeer wanneer daar kragonderbrekings in die Tshwane-metrogebied voorkom.
Eskom sal van vandag af voorkomende beurtkrag toepas om kragreserwes op te bou en die elektrisiteitsverskaffer in staat te stel om kragstasies te diens en te herstel. Elektrisiteitsaanwyser.
Groot kommer bestaan oor steenkoolprobleme en die betroubaarheid van Eskom se kragstasies, het mnr. Brian Dames, Eskom se besturende direkteur van kragopwekking, gister gesê.
Sowat 90% van Suid-Afrikaners gebruik elektrisiteit meer spaarsamig vandat beurtkrag toegepas word.
Die ANC se nasionale werkkomitee het besluit dat daar dringend ’n behoefte is aan ’n nasionale energieberaad.
Skakel vanaand vir een uur jou krag af en spaar energie.
Die Nasionale Energiereguleerder het besluit dat sommige dele van Eskom se prysverhoging-aansoek vertroulik gaan bly.
“Dit is malligheid om te verwag dat Suid-Afrikaners 60% meer vir elektrisiteit moet opdok.”
Deur vrees oor die elektrisiteitsprobleme by die publiek in te boesem, kan hulle aangespoor word om minder krag te gebruik, maar dié strategie kan ook te ver gevoer word.
’n Onmiddellike styging in elektrisiteitspryse van 60% – óf ’n styging van 100% volgende jaar.
"Beurtkrag is verby. Vir eers...
Beurtkrag is nie die ideaal vir die restaurantbedryf nie, maar is aanvaarbaar soos Eskom dit tans bestuur.
Méér kragonderbrekings soos vandeesweek in Kempton Park aan die Oos-Rand kan landwyd verwag word.
Sowat 85% van Kempton Park se inwoners het Woensdag weer krag gekry, maar die ander 15% gaan dalk eers volgende Vrydag krag hê.
Kragonderbrekings is van Maandag weer met Suid-Afrikaners.
Kragvoevoer in en om Kempton Park se sakekern sal eers teen Sondag herstel wees.
Huiseienaars kan afslag van tussen 15% en 20% ontvang as hulle geakkrediteerde son-geisers deur Eskom se afslagskema installeer...
|
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|