Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Kans uiters skraal dat Lotto súlke syfers sal uitspoeg
Minder as ’n kwart persent. Dít is die kans dat ’n reeks Lotto-nommers vier opeenvolgende syfers kan bevat, soos dié naweek met die boerpot gebeur het. Die onmoontlike het toe tóg gebeur, met nie net een nie, maar twee mense wat die presiese syferkombinasie – 5, 7, 8, 9, 10 en 30 – reggeraai het. Die gelukkige wenners, wat in onderskeidelik Vrystaat en Limpopo woon, deel nou die boerpot van R26 miljoen. Volgens dr. Gerhard Koekemoer, ’n senior vakkundige by die statistiese konsultasiediens op die Noordwes-universiteit se Potchefstroomse kampus, is die kans dat vier opeenvolgende nommers gespeel kan word, sowat 0,28%. “Dit beteken dat daar vir elke 1 000 herhalings van die Lotto ongeveer drie gevalle gaan wees waar vier syfers opeenvolgend is,” verduidelik hy. Jou kans om die Lotto te wen, is 1 uit amper 14 miljoen, voeg hy by. Die twee gelukkige wenners het volgens ’n Gidani-woordvoerder nog nie hul prysgeld kom opeis nie. – Leané du Plessis
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|