Slegter as hoenderspel kan dit nie gaan
Ai, droefheid, maar dis 'n gesukkel om daai All Blacks onder te kry!
Beeld
Drienasies-rugbyreeks van 2008
Die bepalings, uitslae en puntestand.
  • Statistieke van Curriebeker-reeks
  • Statistieke van die Super14-reeks
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    Miljoene rande van die lotery kom glo nie by welsynsorganisasies uit nie
    May 12 2008 08:18:51:553PM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend

    Kaapstad. – Miljoene rande van die nasionale lotery word glo nie aan welsynsorganisasies uitbetaal nie weens pligsversuim by die nasionale verspreidingstrustfonds.

    Volgens die DA het hulle klagtes van sowat 105 nie-regeringsorganisasies (NRO’s) ontvang dat die nasionale lotery se verspreidingstrustfonds (NLDTF) “nie doeltreffend funksioneer nie”.

    Hoewel dit nog nie bereken is presies hoeveel geld só aan NRO’s verlore is nie, het mnr. Pierre Rabie, DA-woordvoerder oor maatskaplike ontwikkeling, ’n skatting gemaak van miljoene rande.

    “Dit beteken dat baie siek, honger, ongeletterde, gestremde en arm Suid-Afrikaners nie die sorg kry wat hulle normaalweg sou kry nie. Sedert die NLDTF operasioneel is, het dit drie jaar se geld versamel met net ’n klein hoeveelheid daarvan wat blykbaar uitbetaal is,” het me. Janet Semple, DA-LP, gister gesê.

    Volgens Semple bemoeilik dit jaarlikse beplanning. “Verder beteken dit dat personeel, dienste en salarisse gesny word sodat dié organisasies kop bo water kan hou.”

    Die meeste van die NRO’s wat hul griewe aan die DA bekend gemaak het, wou nie hul name genoem hê.

    Die dokument waarin die griewe vervat word, was teen gister nog nie aan die NLDTF gestuur nie.

    Mnr. Sershan Naidoo, woordvoerder van die NLDTF, het aan Sapa gesê aantygings dat werknemers van NRO’s deur amptenare van die NLDTF gedreig is, is “loutere snert”.

    Hy het organisasies uitgenooi om klagtes in te dien sonder “die wolk van anonimiteit”. – Abigail Isaacs


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |