Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Beeld
Video: Operasie vir 'n glimlag
Brenda (13) is een van sowat 40 minderbevoorregte kinders wat gratis by die Johannesburg-hospitaal geopereer is.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


’n Renmotor vir die teerpad
Sep 05 2007 02:43:56:773PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Die hart van die M3. Die nuwe 309 kW V8-enjin weeg minder as die ou gelid-sessilinder en lewer 186,7 kW per ton. Hy is verder agtertoe en lê nou oor, en agter, die voorwiele.
Leo Kok


’n Renmotor vir die teerpad.

Dít is waarvoor BMW gemik het met sy nuwe M3 en te oordeel na die eerste toetsritte het hy dit vermag. Dit is natuurlik iets wat BMW móés doen, want sy M3 is sinoniem met motorrenne en daardie twee letters staan langs meer as 60 baanrenkampioenskappe in die M3 se geskiedenis.

In tipies Duitse tradisie het BMW ’n massa nuwe tegnologie ingespan om die motor ’n gesplete persoonlikheid te gee – meer bestuurbaar in die verkeer en blitsig op enige renbaan.

Die kern van BMW se nuwe tegnologie is te vinde in die onderstel. Die M3 het ’n nuwe elektroniese dempingstelsel (EDC) wat drie verskillende verstellings bied. Die stelsel gebruik magnetiese kragte om die vering sagter of harder te maak om by die omstandighede en bestuurstyl aan te pas.

Voeg hierby ’n Power-knop, wat nie aan die kragsyfer torring nie, maar die versneller en Servotronic-stuurstelsel verander om ’n skerper, meer direkte gevoel te gee.

Laastens kan ’n mens met die DSC-stabiliteitsbeheer speel. Jy kan dit aan los, sodat hy jou altyd uit die moeilikheid help, of dit na ’n meer sportiewe modus verskuif wat slegs in uiterste gevalle ingryp. Laastens kan ’n mens dit heeltemal afskakel, anders as baie ander motors waarvan die stelsel altyd in die agtergrond bly werk.

Die nuwe M3 is ook met ’n M-knop toegerus, soos op die groter M5 en M6. Hierdie knoppie op die stuurwiel sal met een druk al die stelsels in die motor verander om dit meer sportief te maak.

’n Mens kan die M-knop se onderliggende verstellings pasmaak deur die iDrive-stelsel te gebruik en ook die iDrive gebruik om die motor presies te vertel hoe sy krag-lewering, stuur- en veringstelsels moet wees wanneer jy jou sleutel in die sleutelgat druk.

BMW het die nuwe M3 ook met ’n nuwe regeneratiewe-remstelsel toegerus. Die stelsel stoor krag wanneer die motor rem of nie hard versnel nie, wat beteken dat die pompe en ander elektroniese stelsels geen las op die enjin sit as jy hard versnel nie.

M3-eienaars kan ook heelwat motorsport-tegnologie onder die vel verwag. Die dak is van koolstofvesel gemaak om gewig te bespaar, die remme is kruisgeventileer en geperforeer vir beter verkoeling en die leersitplekke is spesiaal behandel om beter te klou.

Die nuwe luginlate sluk 17 m³ lug per sekonde en die lugsnoer tussen die vier uitlaatpype help met afwaartse druk teen spoed. Die hele onderstel, naas die uitlaatpype, is bedek om ’n beter sleursyfer te verkry.

Die nuwe M3 het ’n rondte-tyd van 8 minute om die Nordschleife-baan van die Nurburgring in Duitsland aangeteken. Dit is soortgelyk aan die tyd wat die Audi RS4 opgestel het.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |