Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Giniel rol homself uit ren
Giniel de Villiers se woeste ongeluk in die vyfde skof van die eerste Sentraal-Europese veldren in Roemenië en Hongarye kon nie verhinder nie dat Volkswagen die opwindende eerste ronde in die Dakar-reeks wen. Nadat die Suid-Afrikaner vroeë tegniese probleme afgeskud het om mooi terug te veg saam met die eindelike wenner, Carlos Saniz van Spanje in ’n soortgelyke Touareg, het die ongeluk waarin De Villiers en Dirk von Zitzewitz ’n paar keer gerol het, die deur vir Mitsubi?shi oopgelaat. Dit was nadat nog ’n Volkswagen-jaer, die Amerikaner Mark Miller, saam met sy Suid-Afrikaanse navigator, Ralph Pitchford, al in die eerste skof uit die ren gerol het. Mitsubishi is in al sewe skofte van die ren, wat uit tydtoetse van 1 000 km in ’n totale afstand van 2 600 km bestaan het, deur die VW-jaers Sainz, De Villiers en die Duitser Dieter Depping geklop. Maar dit het gelyk of die Pajero-jaers Stéphane Peterhansel en Luc Alphand gaan regkry wat hulle al vir jare in die Dakar regkry: om geduldig te wees, vas te byt en die voortou te neem. Hierdie keer het die blitsige Touaregs ’n plan B gehad. Sainz het eindelik die Dakar-koning, Peterhansel, met 2 min geklop nadat hul ongelooflike tweestryd in die laaste sneldeel – ’n roete oor 157 km wat vir ’n derde keer herhaal is – op ’n antiklimaks uitgeloop het weens laasgenoemde se verdwaling in die laaste skof. Sainz het die laaste skof met ’n voorsprong van 18 s begin. Wat Volkswagen des te meer hoop gee vir die ware Dakar-ren in Suid-Amerika, is dat Depping van nêrens af gekom het en met sy bestendigheid die laaste plek op die po?dium voor nog ’n Dakar-wenner, Alphand, gevat het. Alphand het in daardie laaste sneldeel die pad byster geraak en is met 54 s geklop. Sainz, die huidige wêreldveldrenkampioen wat die tydtoetse in 11 uur 18 min en 8 s voltooi het, was meer as verheug omdat hy nie verwag het om ná sy sege in die eerste skof en daaropvolgende probleme te wen nie. “Om die agterstand van agt minute teen hierdie soort kaliber uit te wis, was ’n taai taak.” Volgens De Villiers, wat beïndruk was met die organisasie agter die veldren, het sy ongeluk niks gedoen om sy absolute vertroue in die nuwe Race Touareg te belemmer nie. “Dit (die ongeluk) was nie weens ’n tegniese of bestuurdersfout nie – dit was blote teëspoed,” het hy op rally-action.com gesê. Die skerp bulte in die roete, wat vier- en tweewielers van dag een af laat bokspring het en ’n kenmerk van die roete was, het tesame met ’n kol baie sagte sand tot die ongeluk gelei. “Ons ongeluk het gewys dat jou ren in tiendes van ’n sekonde verby kan wees. Maar dit het ook gewys dat ons op die veiligheid van ons voertuig kan staatmaak,” het De Villiers gesê. Sy navigator, Von Zitzewitz, het ook met gemengde gevoelens nabetrag. “Ek en Giniel het twee dinge bewys: die kar is vinnig… en ons ongeluk het geen ernstige gevolge gehad nie. Maar ek moet ek sê dis twee bewyse waarsonder ek eerder sou wou klaarkom.” Pitchford het gesê die roete het hom aan die begin van die Dakar die afgelope paar jaar (in Portugal) herinner. “Omdat daar baie vertakkings in die paaie was, het dit kwaai eise aan die navigators gestel. Net jammer ons ren was vroeg verby.”
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|