Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Casteu jaag stof in gunstelinge se oë
Die splinternuwe roete wat vir die eerste Sentraal-Europese veldren gebruik is, het sy tol geëis en David Casteu toegelaat om sy eerste groot titel op ’n KTM te wen. Dié gewilde Franse jaer het die tydtoetse van altesame 1 000 km in 12 uur 21 min en 14 s voltooi en daarmee sy naaste teenstander, Francisco Lopez van Chili, met amper 3 min geklop. Nog ’n KTM-jaer, Alain Du?clois, was derde nadat dié amateurjaer een van die gunstelinge, Cyril Despres (KTM), se probleme met brandstof in die laaste sneldeel uitgebuit het. Die verwagting was dat die 45 cc-jaers die sterkste sal vertoon, maar dit was eindelik Casteu-hulle wat gewys het dat die KTM se 690-fietse in alle toestande die gunstelinge is. Despres het eindelik vyfde geëindig, maar sy aanslag is reeds vroeg in die ren geknou toe hy ’n verkeerde rigting ingeslaan het. Die ander groot gunsteling wat ook nie sy stempel op die ren kon afdruk nie, was Marc Coma, wat vroeg geval het. “Die Sentraal-Europese ren is ’n nuwe ding en ons moes daarby aanpas,” het Casteu gesê. “Nou sal ons sien in watter rigting hulle dit gaan ontwikkel. “Hierdie sege is ’n grootse oomblik vir my. Dis my eerste, en hopelik nie my laaste nie. “Wanneer ek nou na my volgende ren gaan, sal ek nie dieselfde mens wees nie omdat hierdie oorwinning ’n morele inspuiting is.” – Pieter Oosthuizen
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|