Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Opgekikkerde A3 leen mildelik by ander Audi’s
Dit is nou reeds vyf jaar sedert Audi sy gewilde A3 in die mark bekend gestel het en dis tyd vir opknap. Die reeks veranderings is hierdie keer egter nie net kosmeties nie, want onder die vel is sake ook anders as tevore. Ander nuus is dat ’n nuwe model – ’n Sportback-weergawe van die S3 – hom by die reeks sal aansluit. In tipiese Michael Jackson-styl het die A3 en S3 se neus die meeste aandag gekry. Die voorste buffer en sierrooster lyk heel anders en die hoofligte gebruik nou dieselfde stel ligrepies as motors soos die R8. Ander veranderings voor sluit ’n bultende enjinkap en uitgeboude wielboë in. Die A3 se kantprofiel het min verander, maar die ontwerpers het nuwe deurhandvatsels en truspieëls met gemonteerde flikkerligte aangeskroef. Agter kry die luikrug ook die A3-afslaankap se dun ligrepies wat, weer eens soos op die R8, helder en uniek is. Die agterste buffer het ook tyd onder die mes deurgebring. Binne die A3 is daar verander aan die middelpaneel se knoppies – veral om nuwe elektroniese stelsels te akkommodeer. Die nuwe A3 kry die outomatiese parkeerhulpstelselas opsie, hy leen die ratskakel-aanduiding van die nuwe A4 (wat die beste rat vir enige situasie voorstel) en die bagasievloer kan voort?aan omswaai vir die vervoer van vuil en nat bagasie. Audi se ingenieurs het ook nie die meganika onaangeraak gelaat nie. Een van die belangrikste toevoegings is die nuwe weergawe van die S-Tronic-ratkas. Hierdie baanbreker-stelsel bied nou die keuse van ses of sewe ratte (sewe in kleiner enjins) en is skynbaar nou reg vir meer wringkrag. Dit beteken dat ons moontlik in die toekoms die stelsel in S-modelle kan sien. Ander nuwighede is die magnetiese rit- en onderstelverstellingstelsel van die R8, TT, A5 en binnekort die A4. Die stelsel gebruik ’n elektriese stroom om die hardheid van die demping te verstel volgens die voorkeur van die bestuurder of na gelang van die voertuig se gedrag en spoed. Audi Suid-Afrika het aangedui dat die opgekikkerde A3-reeks moontlik reeds teen September in die land sal wees. Die A3-afslaankap sal hom ook vanjaar in die land kom tuismaak.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|