Gaan Mbeki by buurtwag aansluit?
Daar's eintlik vrek baie ooreenkomste tussen pannekoek bak by 'n basaar en kinders grootmaak...
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Volkswagen beplan glo eentonbakkie
Apr 30 2008 02:48:11:300PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Die Scirocco is een van die nuwe modelle waarmee VW nuwe marksegmente betree. 'n Eentonbakkie is ook op pad.Foto: VW
Leo Kok


’n Paar slimkoppe in Wolfsburg, Duitsland, is besig om slim planne in die mou te voer.

Wolfsburg is die dorp wat om Volkswagen gegroei het en hier is die groep se hoofbestuur besig om ’n aggressiewe groeiplan, soortgelyk aan dié van Audi met al sy nuwe modelle, aanmekaar te slaan.

Volgens David Powels, die hoofbestuurder van Volkswagen Suid-Afrika, wil VW sy wêreldwye verkoopsvolumes teen 2018 verdubbel. Deel van hierdie strategie is om verskeie nuwe modelle, soos die Tiguan, Eos en Scirocco, vir nuwe marksegmente te ontwikkel.

“Julle kan Volkswagens in die toekoms in verskeie nuwe segmente verwag,” sê Powels.

Een van die opwindendste modelle waaroor die skindertonge aan die gons is, is VW se eentonbakkie. Powels wil nie uitbrei oor hierdie model nie, maar het met ’n skewe glimlag gesinspeel dat daar wel so iets op die beplanningstafel is.

Webruimtes soos leftlanenews.com het reeds steelfoto’s van ’n Ford Ranger-grootte Volkswagen gewys. Volgens berigte hier en elders is die voertuig reeds baie naby aan produksie en kan dit moontlik vanjaar nog aan die media gewys word. Die bakkie word in 2009 of vroeg in 2010 op die mark verwag.

Die bakkie sal, luidens berigte, die Taro of Robust heet en sal in Duitsland en Argentinië gebou word. Suid-Afrika is ook ’n sterk moontlikheid, nie net omdat VW ’n groot aanleg in Uitenhage het nie, maar ook omdat Suid-Afrikaners versot is op bakkies.

’n Middelslag-sportnutsvoertuig, wat tussen die Touareg en Tiguan inskuif, word skynbaar ook op dié platform beplan.

Ander skindernuus is dat die nuwe Golf en Polo binnekort die lig sal sien. Audi se hoofontwerper, Walter de’Silva, is ’n jaar gelede na VW geskuif en bronne na aan VW sê albei modelle het ’n tikkie meer flair en sterk stileringslyne. Van die twee modelle sal die Golf eerste gesien word, moontlik in Oktober vanjaar by die Paryse motorskou, en die Polo sal volgende jaar volg.

Op die tuisfront het VW onlangs ’n nuwe huurproduk bekend gestel. Dié finansieringsproduk heet iMotion en is in wese ’n huurkoop-ooreenkoms waar die voertuig nooit die koper se eiendom word nie.

Die voordeel, aldus Matt Gennrich, die hoofbestuurder van verkope en bemarking by VW Suid-Afrika, is dat kopers een vaste bedrag per maand betaal en dat dit die gebruik van die voertuig, dienste en ekstras soos satellietopsporing insluit.

Kopers word ook die gebruik van ’n soort assistent gebied wat bystand verleen met diens- en verwante besprekings en navrae.

Die finansieringspakket bied kopers die opsie om hul motors binne 36 maande vir iets nuuts in te ruil.

Suid-Afrikaners moet op die uitkyk wees vir ’n naams?verandering vir al hul aangejaagde enjins.

Die term TSI sal TFSI vervang en verwys na turbo-enjins, soos op die GTI en die nuwe klein druk- en turboaangejaagde enjins. Die kleur van die letters verklap die kragvlak, met ’n silwer kenteken die laagste op die kraglys en ’n volrooi kenteken die hoogste. As een of twee letters rooi is, val dit êrens in die middel.

Die idee agter die herdoop is heel moontlik om mense weg te kry van die beheptheid met slagvolume en eerder te kyk na krag.

So byvoorbeeld lewer die nuwe 1,4 TSI-enjin (sien berig oor Tiguan elders) 110 kW en gebruik baie minder brandstof as ’n soortgelyke 2 of 2,4 liter-enjin sonder turbo.

Een van die eerste voorbeelde van hierdie naamsverandering is die nuwe 1,8 TSI-enjin in die Passat wat die 2,0 FSI vervang. Die enjin lewer 118 kW.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |