Gaan Mbeki by buurtwag aansluit?
Daar's eintlik vrek baie ooreenkomste tussen pannekoek bak by 'n basaar en kinders grootmaak...
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Een vir kerk, een vir plaas en een vir sports
Apr 30 2008 02:48:09:847PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Een vir plaas toe en een vir kerk toe. Die twee weergawes bied verskillende neus-ontwerpe - 'n alternatief vir mense wat meer as 'n stads-4x4 wil ry.Foto: Volkswagen
Leo Kok


Dit was die wag werd, sê Volkswagen.

Die groep se Tiguan, ’n RAV4-grootte sportnuts, is laat in die mark en hy vind hom in diep water tussen gevestigde mededingers soos die RAV self, die X-Trail, Tucson en CR-V. Gelukkig vir hom betree hy ook een van die dele van die mark wat groei (hierdie mark is vier keer groter as in 2001) en waar die verkope-insinking nog nie erg aanvoelbaar is nie.

Die Tiguan is ontwerp as ’n veeldoel-4x4 wat, soos die groot name in hierdie segment, nie vir swaar veldrywerk bedoel is nie. Die permamente 4x4-stelsel is iets wat jou eerder die gemoedsrus gee dat jy ’n stuk rowwe terrein of sypaadjie kan aandurf of ’n taamlike spoed in nat weer kan handhaaf. Tog is daar ’n spesifieke bakwerkopsie vir dié wat in die veld wil gaan speel.

Volkswagen stel drie weergawes van die Tiguan bekend. Aan die onderpunt van die skaal is die 1,4 TSI Trend & Fun, die reeks se 4x2-weergawe en waarskynlik topverkoper wanneer hy in Oktober saam met die 147 kW 2,0 TSI-turbo hier aankom.

Die ander variasies is die Sport & Style, met ’n laer en meer aggressiewe buffer voor, sportsitplekke en chroombelyning.

Aan die ander kant van die spektrum, maar interessant genoeg vir presies dieselfde prys as die Sport & Style, is die Track & Field.

Hierdie weergawe is skynbaar meer gehard, met ’n ingekeepte voorste buffer wat jou invalshoek van 18? na 28? rek, ’n skermplaat onder die ratkas en ’n verdonkerde dakrak.

In die binneruim is die Track & Field se grootste verskil die Off Road-knop. Druk hom en een stelsel aktiveer die afdraande- en opdraande-hulpstelsels, die elektroniese ewenaarbeheer agter, verander die ander elektroniese hulpmiddels effens en maak die versnellerpedaal papper sodat jy nie bokspring oor die rotse nie. Die 4x4-stelsel is permanent op al die modelle wat daarmee toegerus is.

Van buite is die Tiguan mooi, maar tipies VW-konserwatief. Die motor se spoelklippie-ontwerp skep die indruk dat hy kleiner is as wat hy werklik is, want teen 4,4 m lank, 1,8 m breed en 1,77 m hoog sonder die dakrak is die Tiguan in sekere aspekte groter as die RAV4, maar hy is wel korter as die nuwe X-Trail. Grondvryhoogte is effens laer as die markleiers teen 195 mm.

Die binneruim is van ’n soortgelyk konserwatiewe, maar aanvoelbare gehalte. Kopers het die keuse van ’n sesgang-handrat- of -outokas, en die binneruim wemel van stoorplekke (selfs vier in die dak). Alle Tiguans het ses lugsakke, elektriese vensters, klimaatbeheer, ’n banddruk-monitor en elektriese kragstuur.

Kopers kan kies tussen ’n 2,0 TDI-diesel- (103 kW) of ’n 1,4 TSI-petrolenjin.

Laasgenoemde enjin het sekerlik al vele wenkbroue laat lig. Hoe klink ’n 1,4 liter vir R273 500? ’n Mens moet egter nie so daaraan dink nie. Die 1,4 TSI-enjin (lees berig op bl. 2 oor die TSI-benaming) gebruik ’n drukaanjaer teen lae enjinspoed en as jy ’n vinnige skop nodig het, terwyl die turbo spin wanneer jy dieper in die toerestrek inbeweeg. Die slotsom is ’n kar wat die brandstof van ’n 1,4 liter sluk, maar dieselfde krag as VW se 2,0 FSI-enjin bied. Die 1,4 TSI skop 110 kW en 240 Nm uit, met die wringkrag wat piek in die wye band tussen 1 750 r/min en 4 000 r/min.

Die 1,4 TSI en die 2,0 TDI het goeie padmaniere, maar die Tiguan se enjins voel bekwaam, nie te kragtig nie. Die 1,4 petrol se plat kragkurwe laat hom amper meer soos ’n diesel voel, sonder die laespoed-traagheid. Die Tiguan het ’n verwerking van die Golf se goeie veelskakel-veerstelsel, maar hy is swaarder en voel ook so. Ons sal die nuweling ook eers behoorlik in die veld moet toets voordat ons ’n uitspraak maak oor sy veldvermoë.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |