Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Hier gaat ons! sê Saab X
Altesame 20 Saab’s gaan volgens gerugte oor ’n paar weke skelmpies oor die Suid-Afrikaanse grens glip. Dié groepie Swede, almal gitswart, sal in Suid-Afrika na handelaars verskeep word en sal, luidens bronne, feitlik dadelik na gretige kopers gaan. Een of twee is dalk nog beskikbaar – mits jy spring. Die Saabs, waarvan daar slegs ’n paar spesiaal ingevoer word, is die befaamde Saab Turbo-X. Die Turbo-X is verlede jaar in die VSA bekend gestel en die media was toe reeds gaande oor die Sweed se mengsel van hantering en verrigting. Saab hou vol dat die Turbo-X ’n unieke model is, maar volgens sy voorkoms is hy duidelik op die 9-3 geskoei. Elke aspek van die voertuig is egter verander en die Turbo-X is die eerste Saab om die groep se nuwe vierwiel-aandryfstelsel te kry. ’n Mens moet by die enjin wegspring. Onder die lae, skerp neus is ’n V6 van 2,8 liter wat, danksy die twee turbo’s en verwerkte enjinbeheerstelsel, nou 206 kW teen 5 500 r/min en ’n kragtige 400 Nm vanaf 2 150 r/min uitskop. Kopers kan tussen ’n sesgang-handrat- of -outokas kies. Versnellingstyd vir die handrat word as 5,7 s tot 100 km/h aangedui. Die X se topspoed word elektronies tot 250 km/h ingekort. Die enjin is nie die Turbo-X se enigste trekpleister nie – ’n BMW 330i kry immers amper dieselfde uit ’n gelid-sessilinder van 3 liter sonder turbo. Volgens Saab is die groot verandering tussen die Turbo-X en gewone modelle sy uitsonderlike hantering. Die hantering baat by die nuwe 4x4-stelsel, wat XWD heet, en is spesifiek vir kragtige padmotors ontwerp. Die idee is dat die stelsel die krag na willekeur tussen die voorste en agterste as en spesifiek heen en weer tussen die twee agterste wiele kan versprei. Om dit te doen, gebruik hy ’n elektronies beheerde glip-ewenaar tussen die twee wiele. Die stelsel self word deur ’n nuwe sentrale ritrekenaar beheer. Ander veranderings aan die Turbo-X sluit in ’n grootliks herontwerpte veringstelsel wat 10 mm nader aan die grond sit en gemik is op hoëspoed-padhouvermoë en minder bakbeweging. In pas met die laer en sportiewe vering is die elektroniese beheerstelsel verander om minder in te meng en die bestuurder dus die kans te gee om ’n bietjie te speel. Van buite staan die X uit danksy die groter skorte en die drukvlerk agter, die 18 dm-wiele, die dowwe aluminium-afwerking en die feit dat al die X’e net in blinkswart beskikbaar is. Kentekens agterop en unieke uitlaatpype maak verder seker dat jy weet wat jou nou net verbygesteek het. In die binneruim is die Turbo-X ook in pikswart leer en koolstofvesel afgewerk. Die instrumente is skoon en gebruikersvriendelik en, soos op die 900 Turbo van ouds, is daar ’n turbo-drukmeter wat begin bokspring sodra jy die gesuis van die turbines op die silinderbanke hoor. Die kersie op die koek is die nuwe ritrekenaar binne, wat vir jou sê “All systems go” voor hy wegskiet.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|