Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Tesla se battery-enjin die ene vuurwerke
Tesla kon nie vir ’n beter tyd gevra het om sy elektriese sportmotor na die mark te bring nie. Toe die Kaliforniese groep sy elektriese afslaankap-sportmotor-konsep in Junie 2006 die eerste keer gewys het, was olie $50 per vat en mense was skepties. Twee jaar later, met die amptelike opening van sy eerste handelaar in sy tuisdorp, is ’n vat olie twee keer duurder en het die groep al 900 bestellings ontvang. Tesla is in 2003 gestig deur Martin Eberhard en Marc Tarpenning, twee boorlinge van die hoë tegnologie-Silicon Valley in Kalifornië. Die idee was dat die nuutgeskepte groep hier tuishoort tussen ander tegnologie-maatskappye soos Google, en dat hulle die wêreld se eerste massaproduksie- elektriese sportmotor sal skep met die hulp van al die waagkapitaal-geld wat nuwe tegnologie in hierdie streek aanhelp. Vyf jaar ná Tesla se stigting is die Tesla Roadster nou beskikbaar in die VSA en later vanjaar sal Europeërs hom kan aanskaf. Hy kos sowat R1,2 miljoen. Die Tesla is ’n noemenswaardige motor aangesien hy uitsluitlik elektries is. Die stigters het hulle juis ten doel gestel om ’n doelgerigte sportmotor, sonder enige kompromie op spoed, versnelling of hantering, te bou en aan die wêreld te wys dat elektriese motors lewensvatbaar is. Met jou oë op skrefies is dit heel moontlik om die Tesla vir ’n Lotus Elise te verwar. Hierdie fout is heel vergeeflik, want die twee maatskappye het nou saamgewerk en die motor word by Lotus se aanleg in Hethel, Engeland, monteer. Tesla sê hul motor is uniek, maar die grootte, voorruit en dele van die paneelbord verklap die Lotus-invloed. Wat die Tesla wel uniek maak, is sy ultramoderne batterypak, met unieke litium-?ioon-battery en herlaaitegnologie, en die nuwe tipe elektriese motor. Die motor lewer 185 kW en 270 Nm van kort ná 0 r/min tot duskant 13 000 r/min. Dis reg, die krag is regdeur die toerestrek beskikbaar. ’n Piek van 200 kW is skynbaar vir kort tye moontlik. Die rede vir die unieke kragband en wye toerestrek is die elektriese motor wat glad nie tyd nodig het om optimaal te draai of sy beste krag te lewer nie. Dink maar aan ’n afstandbeheerde motortjie – jy kan die spoed reguleer, maar alles is vanuit die staanspoor beskikbaar. Die kragvlakke en die feit dat dit so vrylik na die agterwiele vloei, het Tesla se ingenieurs laat kopkrap oor die ratkas. Die handratkas het twee gange en ’n snelrat, maar die konstante hoë draaimoment het die eerste paar proefkonyne flenters gedraai. Later is ’n sterker weergawe gekies en in die kajuit is skakeling soortgelyk aan dié van ’n Smart, dus ’n handrat wat deur ’n elektronies beheerde koppelaar geskakel word. Daar is ander voordele van hierdie unieke motor-en-ratkaskombinasie. Danksy die 1,2 ton gewig van die nuwe batterye kan die motor tot 350 km aflê voor hy gelaai moet word. As jy hom inprop, sal die batterye volgelaai wees in 3,5 ure, dieselfde tyd wat ’n ouer selfoon neem. Wat spoed en hantering betref, het die Tesla Roadster ook nie kortpad gekies nie. Die motor versnel tot 100 km/h (onthou die wye kragband en lae gewig) in 3,9 s, wat vinniger is as ’n Lamborghini Murciélago. Topspoed word wel ingeperk tot ’n beskaafde 200 km/h. Gepraat van hantering en die Tesla is skynbaar ook topklas. Dink maar aan die renstel-dinamika van ’n Lotus Elise, die feit dat die Tesla Roadster slegs 1,12 m hoog staan en die interessante gebruik van 16 dm.-vellings voor en 17 dm.-vellings agter en jy het ’n resep vir groot sports. Volgens Tesla sal die nuwe elektriese aandrywingstegnologie oor ’n jaar of wat in ’n sedan en later in ’n groter sportkoepee te sien wees. Nuwe uitvindings, soos die feit dat die koolstofvesel deur die hele kajuit gegiet word en die manier waarop die motor krag stoor as jy rem, behoort ander vervaardigers ook te baat.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|