Gaan Mbeki by buurtwag aansluit?
Daar's eintlik vrek baie ooreenkomste tussen pannekoek bak by 'n basaar en kinders grootmaak...
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


VW folter Toyota
May 07 2008 12:01:41:180PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Chris de Wit en Dean Redelinghuys (RunX) in die rowwe eerste sneldeel. Hulle het Klas A7 oortuigend gewen. Foto: Pieter Oosthuizen
Pieter Oosthuizen

Die Sasol-tydren in Mpumalanga behoort weer aan Volkswagen nadat Enzo Kuun en Hergen Fekken die afgelope naweek net plekke geruil het om Toyota se neuse verder in die modder te vryf.

Die derde een-twee vir Volkswagen in net soveel tydrenne vanjaar was ’n geweldige terugslag vir Toyota se aanspraak op die SA jaerstitel.

Kuun, wat op twee koue dae van begin tot einde voorgeloop het, het Fekken met meer as ’n minuut op glibberige paaie naby Sabie geklop nadat laasgenoemde in die vorige ren in die Wes-Kaap gewen het.

Die Sasol-tydren is weer eens skitterend deur die SA Motorsportklub georganiseer, maar die ren het met die koue mee?doënloosheid van ’n skerpskutter karre en jaers uitgesoek en genadeloos omgepik. En die geluksgodin het haar vroeg vererg vir diegene wat te hard gedruk het.

Jannie Habig, Volkswagen se verdedigende SA kampioen wat Fekken in die eerste tydren in Natal geklop het, het in sneldeel 2 ’n rots getref en moes met ’n stukkende veerstelsel sneldeel 3 aanpak. Dit het hom 12 min gekos. Hy het op dag twee skitterend teruggeveg tot ’n 11de plek vir 10 punte.

Van die Toyota-aanslag het dadels gekom nadat dit hard voor die tydren ge?reën het. Eers het Mark Cronje in die rowwe eerste sneldeel weens ’n gebreekte veerstelsel afgetrek en toe moes Johnny Gemmell die 11 km sonder ’n band voltooi. In die volgende sneldeel het Gemmell se fabrieksgesteunde RunX dieselfde as Cronje s’n oorgekom.

Maar terwyl die VW-oorheersing voorspelbaar was, was dit die gelykopstryd tussen nog twee S2000-jaers, Nicholas ?Ryan en Jean-Pierre Damseaux in RunX-motors, en die top N4-jaer Paul Pfeiffer (Mitsubishi Lancer) wat die derduisende toeskouers aan die raai gehou het.

Albei Toyota-jaers het hul kwota probleme gehad, maar Damseaux, wat die tweede dag in die vierde plek begin het, was net soos in die Wes-Kaap baie ongelukkig. Hy het vyfde agter Ryan, wat maar in sy derde S2000-stryd was, en Pfeiffer geëindig.

Nog ’n blitsige S2000-jaer, Jon Williams (Polo), het weens ’n gebreekte veerstelsel uitgeval. Hy, Cronje en Gemmell was van die 29 jaers uit 65 wat nie die tydren kon voltooi nie.

Vir die Ford-span was dit ook te rof. Etienne Lourens (Fiesta) was fluks op pad na ’n maklike sege in Klas N3 toe ’n gebreekte koeëlgewrig in sneldeel 11 Rodney Visagie (RunX) toelaat om te wen.

In Klas A7 vir tweewielaangedrewe tweeliterkarre het Chris de Wit weer ’n keer vir almal weggery en met sy RunX altesame 13 van die 15 sneldele in sy klas gewen. In Klas A6 en A5 is twee eerste seges aangeteken: Mohammed Moosa (Corolla) en Dave Compton (Yaris). Andre Cleenwerck (CitiGolf) was voor in Klas A5, maar het op dag twee met remme gesukkel en toe gerol, op sy wiele geland en steeds tweede geëindig.

Toyota loop los voor in die vervaardigerstryd omdat die meeste deelnemers met dié fabrikaat se produkte deelneem, maar wanneer dit by die vernaamste titel kom, is dit Fekken, Habig en Kuun wat die pas aangee.

Die vierde ronde (Total-tydren) in Sasol se nasionale reeks van agt tydrenne vind van 29 tot 31 Mei by Ermelo en omgewing plaas.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |