Gaan Mbeki by buurtwag aansluit?
Daar's eintlik vrek baie ooreenkomste tussen pannekoek bak by 'n basaar en kinders grootmaak...
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


BMW is wêreld se bobaas-enjinbouer
May 07 2008 12:01:37:697PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Dis amptelik: BMW is die beste enjinbouer in die wêreld met die meeste oorwinnings sedert die enjin van die jaar-toekennings in 1999 begin het. Vanjaar se wenner is die 3,0 biturbo-enjin. Foto: Quickpic
Motorredaksie

Raai wat, dis weer ’n BMW-enjin.

Die internasionale enjin van die jaar-toekennings is gister in Stuttgart, Duitsland, bekend gemaak en BMW het vir die sesde keer in tien jaar en die vierde agtereenvolgende jaar die toekenning as die beste enjin in die wêreld ontvang.

Die enjin van die jaar-toekenning word elke jaar deur ’n paneel van motorjoernaliste vanuit vier kontinente gekies. Vanjaar is die getal beoordelaars met die nodige ingenieurs-agtergrond gerek tot 65 beoordelaars en die getal lande tot 32, maar Suid-Afrika is nog elke jaar deel van die aksie.

’n Wen-enjin word onderskeidelik in 11 verskillende kategorieë gekies, met oorvleueling tussen sommige kategorieë, en dié 11 wenners staan dan in die tou vir die finale toekenning. Dié kiesproses beteken dat die wen-enjin ook in minstens een ander kategorie oorheers het.

Vanjaar se top-enjin is die 3,0 liter bi-turbo-gelid-sessilinder van BMW. Die enjin doen diens in motors soos die 335i en 135i en maak gebruik van een klein en een groot turbo om 225 kW, 400 Nm en ’n uiters plat wringkragkurwe te gee.

Die wen-enjin is verlede jaar as die beste nuwe enjin aangewys, maar is toe getroef deur BMW se eie V10 van 5 liter vir die topposisie as 2007 se enjin van die jaar. Vanjaar was die wen-enjin ook die beste enjin in die 2,5 tot 3,0 liter-kategorie en die M5 en M6 se V10 was weer die beste enjin bo 4 liter.

BMW se slim en unieke gebruik van turbo’s is ook raakgesien in die beste nuwe enjin-toekenning, wat vanjaar deur BMW se tweeliter-biturbo-dieselenjin gevat is. Hierdie enjin is nog nie in Suid-Afrika beskikbaar nie.

Ander kategorieë wat deur BMW oorheers is, is vir enjins tussen 1,4 en 1,6 liter. Hier het BMW en die Peugeot-groep se 1,6 biturbo-enjin, soos gebruik in die Mini en sommige Peugeots, gewen. Die BMW M3 se vierliter- V8-enjin was ook die beste enjin in die klas tussen 3 en 4 liter.

’n Paar ou bekendes het ook weer hul opwagting gemaak. Die Toyota Prius se 1,5 hibriede-enjin was die “groen” enjin van die jaar (voorheen bekend as die kategorie vir beste brandstofverbruik). Toyota se 1 liter-enjin (Yaris en andere) is ook weer die wenner in die kategorie vir enjins onder 1 liter en is steeds die ligste binnebrand-enjin in die wêreld.

Ander bekende wen-enjins kom van Porsche en Audi (sien kassie) en slegs Subaru maak ’n nuwe verskyning ná ’n jaar se afwesigheid.

Volgens die beoordelaars is daar vanjaar ’n duidelike neiging na aangejaagde enjins wat beter krag en laer brandstofverbruik bied. Altesame sewe van die kategorieë is oorheers deur enjins wat ’n druk- of turbo-aanjaer gebruik en hierdie tendens behoort net verder toe te neem.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |