Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Los parkering-kopseer in jou ou kar
Slim mense, die Duitsers. Baie slim. Dis juis hulle wat onlangs die kopseer van parallelparkering vir jonk en oud uitgeskakel het, en dít sonder fêncy kameras of duur elektronika. Dié nuwe stelsel is reeds hier beskikbaar op enige nuwe Tiguan of Touran en kos sowat R6 000 ekstra. Vir dié geld skuif jou kar hom in ’n parkeerplek in, sonder dat jy aan die stuurwiel raak. Die nuwe Park Assist-stelsel gebruik die motor se gewone parkeersensors asook ekstra sensors aan die kant van die voertuig en natuurlik die elektriese motor van die kragstuur. Jy ry eenvoudig teen minder as 30 km/h verby ’n parallelparkeerplek en aktiveer die stelsel met die druk van ’n knoppie. Deur jou flikkerlig te gebruik, weet die motor na watter kant hy moet kyk. Sodra hy ’n geskikte plekkie vind, verskyn ’n grafika op die hoofinstrumentasie. Die sensors meet die afstand tussen die twee voertuie waar jy wil parkeer, bereken vinnig of dit genoeg is en werk terselfdertyd uit hoeveel draaie die stuurwiel nodig het om te parkeer. Jy ry soos gewoonlik verby die gaatjie en stop langs die voertuig waaragter jy wil parkeer. Nou sit jy bloot die voertuig in trurat, haal jou koerant uit en begin lees (net ’n grap) – en beheer net die versneller, koppelaar en rempedaal. Voor jou sien jy hoe die stuurwiel self draai en siedaar: Jy parkeer tussen die twee voertuie soos ’n K53-toets jou nie kan laat parkeer nie. Die sensors laat weet jou wanneer jy met die terugstoot in die parkeerplek te naby of naby genoeg aan die agterste voertuig is. Sit dan net die Tiguan in eerste en die stelsel sal selfs weer die stuurwiel krink terwyl jy vorentoe beweeg om netjies tussen die twee voertuie stil te hou.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|