Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Rossi wen eindelik
Die Shanghai-baan in China is nie verniet in die vorm van ’n Chinese letter nie. Om die uitdagende baan te bemeester, verg meer as net konsentrasie en in sekere gevalle selfs ’n bietjie geluk. Valentino Rossi het uiteindelik daarin geslaag om sy langste droogte van podiumverskynings sedert die Portugese Grand Prix van September 2007 met ’n klassieke oorwinning te breek. Rossi het uit die tweede ry weggespring, maar was dadelik op Dani Pedrosa se agterstewe. Rossi het Pedrosa se pas rondte vir rondte geëwenaar en in die negende rondte sy neus verbygesteek. Met die stang behoorlik tussen sy tande het Rossi weggebreek en met ’n nuwe baanrekord die ren gewen. Rossi het die vierde jaer geword om ’n Grand Prix vanjaar te wen en is nou net 9 punte agter die voorloper, Pedrosa. Laasgenoemde se tweede plek bevestig sy sterk aanslag, maar Jorge Lorenzo se vierde plek in die ren plaas hom geensins buite bereik van die kroon nie. Die grootste verrassing het egter van Ducati gekom. Verlede jaar se wenner van die Chinese GP en die verdedigende kam?pioen, Casy Stoner, het die derde plek gevat en was vir die eerste keer sedert die openingsronde in Katar op die podium. Stoner kon nie die pas van Pedrosa en Rossi ewenaar nie, maar het koelkop gebly. Sy spanmaat, Marco Melandri, het sy beste vertoning tot op hede gelewer deur Nicky Hayden om die vyfde plek te klop. Ná Ducati se onverklaarbare swak vertonings lyk dit asof ’n mate van fokus begin terugkeer het, maar gemeet teen die pas wat Yamaha en Honda aangee, is hulle nog ver agter. Die genadelose aanslag van die jonger jaers duur voort en Honda het ná drie jaar finaal besluit dat dit hoog tyd is om hulle eer en reputasie van die “Honda-Rossi-era” te herwin. Colin Edwards op die Tech3 Yamaha het in die eerste wegspringplek groot verwagtings geskep, maar is vinnig deur die vinniger spanne oorrompel. Dit het bevestig dat satellietspanne net nie die spoed van die fabriekspanne het nie. Edwards se sewende plek bly merkwaardig genoeg om kennis te neem van die pogings in die kuipe van ’n span met amper die kleinste begroting. Die kampioenskap bly wawyd oop en die feit dat elke Grand Prix tot dusver ’n ander wenner gehad het, onderstreep die opwinding van die reeks. Die volgende ren aanstaande naweek is net so uitdagend. Die Franse Grand Prix op die Le Mans-baan bied sy eie eise in die vorm van kort en skerp draaie. Dit is ook Michelin se tuisren. Die baan is Rossi se gunsteling, maar dié keer is hy daar op Bridgestone-bande.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|