Gaan Mbeki by buurtwag aansluit?
Daar's eintlik vrek baie ooreenkomste tussen pannekoek bak by 'n basaar en kinders grootmaak...
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


F1-rubriek: Goliatte sluk vir Dawid in
May 07 2008 12:01:31:320PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Alles is nie pluis nie. Al minder F1-spanne verskyn vanjaar op die baan, hoofsaaklik weens geldnood. Foto: Quickpic
Hendrik Verwoerd

Sowat ’n jaar gelede was die kanse goed dat 12 spanne vir 2008 se Formule Een-seisoen sou aantree.

Elf spanne het op die ou end die seisoen aangepak, maar van hierdie naweek af in Turkye sal slegs tien in aksie wees.

Die nuus eergister dat Super Aguri onmiddellik sy F1-bedrywighede staak, was nie onverwags nie, maar het nietemin as ’n skok gekom.

Dié spannetjie, wat die afgelope twee jaar diep in die hart van F1-ondersteuners gekruip het danksy sy Dawid-teen-Goliat-benadering, was sedert die laaste helfte van verlede jaar finansieel in die moeilikheid omdat een van sy borge nie met beloofde geld vorendag gekom het nie.

Sedertdien moes Super Aguri op Honda staatmaak om aan die gang te bly en het skuld van ’n geskatte R750 miljoen opgehoop.

’n Reddingspoging met Midde-Oosterse geld het vroeër vanjaar deur die mat geval en so ook een met Duitse geld die afgelope week.

Honda, wat op sy eie F1-span wil konsentreer, is nie langer bereid om die verliese te dra nie, al is Super Aguri oorspronklik aan die einde van 2005 deur dié maatskappy gestig sodat die Japanners se held, Takuma Sato, nie in die wildernis moes sit nie.

Die kernrede waarom geld nie maklik gevind kan word om ’n span soos Super Aguri oor te neem nie, is dat spanne van 2010 af nie toegelaat gaan word om ander se ontwerpe te gebruik nie – elke span moet van dan af sy eie motor ontwerp en bou.

Super Aguri het in 2006 die onderstel van die 2002 Arrows-motor gebruik en verlede jaar die suksesvolle Honda-onderstel van 2006.

Hy het vanjaar die 2007-Honda as basis gebruik.

’n Nuwe eienaar sal dus ’n fabriek moet aanlê, sy eie infrastruktuur moet vestig en sy eie ontwerp- en ontwikkelingspersoneel moet aanstel – iets wat dermiljoene sal kos nog voordat die motor ’n wiel gedraai het.

En dié proses sal onmiddellik moet begin.

Om dieselfde redes het Prodrive deur die loop van verlede jaar besluit om nie voort te gaan met sy planne om vanjaar tot Formule Een toe te tree nie.

’n Kwarteeu gelede is 36 motors vir die Suid-Afrikaanse Grand Prix op Kyalami ingeskryf, waarvan 26 toegelaat is om te kwalifiseer.

Dit was die norm daardie jare, voordat Bernie Ecclestone en Max Mosley besluit het ’n maksimum van 12 spanne met twee motors elk sal die standaard van die inskrywings verhoog en die inherente waarde van plekke op die rooster opstoot.

Daarin het hulle weliswaar geslaag, maar terselfdertyd het die koste van deelname die hoogte ingeskiet en gaandeweg het spanne begin uitval, sonder dat hulle deur nuwes vervang is.

Van dié op daardie 1983-inskrywingslys bestaan die volgende spanne nie meer nie: Brabham, ATS, Lotus, RAM, Alfa Romeo, Ligier, Arrows, Osella en Toleman. Tyrrell het tot Honda gegroei, terwyl Renault tussen 1986 en 2001 van die toneel af verdwyn het.

Formule Een sit dus nou met net 20 motors op die rooster en dit kan 18 word as Red Bull nie binne die volgende jaar ’n belegger kan vind om sy B-span, Toro Rosso, tot ’n fabriekspan in eie reg op te gradeer nie.

’n Kleiner wordende veld is ’n teken dat alles nie wel is nie.

Champ Car en die IRL in die VSA is onlangs tot hereniging gedwing omdat niemand meer na ’n klein groepie motors wou kyk nie en in baie ander vorms van motorsport het reekse om dieselfde rede in duie gestort.

Formule Een moet sy status as die toppunt van motorsport handhaaf, ja, maar terselfdertyd moet maniere gevind word om nuwe bloed in te bring en deelname vir hulle bekostigbaar te maak.

Pogings is aan die gang om spanne se begrotings te beperk, maar dit gaan nie maklik wees om dit toe te pas nie.

Terwyl hierdie pogings aan die gang is om te verseker die Goliatte kan aanhou speel, salueer gerus vir Dawid, daar waar hy nou die skerwe van sy droom om hom sien lê.

  • Om met die skrywer in verbinding te tree of op sy weeklikse F1 e-nuusbrief in te teken, stuur gerus e-pos aan hendrikv@mweb.co.za.

    Vir inligting oor Grand Prix-toere, besoek www.podiumtravel.co.za.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |