Gaan Mbeki by buurtwag aansluit?
Daar's eintlik vrek baie ooreenkomste tussen pannekoek bak by 'n basaar en kinders grootmaak...
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Merc waag met lae stasiewa
May 07 2008 12:01:27:617PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Mercedes-Benz se C-klas-stasiewa is 'n mooier motor as sy voorganger danksy die meer hoekige neus wat netjies by die lang bak inskakel. Foto: Quickpic
Alwyn Viljoen

Met die onlangse bekendstelling van die slanke C-klas Estate-stasiewa mik Mercedes nou teen die stroom.

Sportnutse en dubbelkajuitbakkies is juis gewild omdat hulle so lekker hoog sit. Dit skeel die hoogsitpendelaars min dat hul voertuie elke draai met ’n bakrol begroet en meer windweerstand bied, wat weer hoër brandstofverbruik tot gevolg het.

’n Hoogsitposisie laat ’n mens veiliger en meer in beheer voel. Daarom dat al hoe meer vervaardigers sedert die middel 90’s hulle stasiewaens op steroïede gesit het en as sportnutse begin verkoop het.

Teenoor die hoogsitters en hul illusies is daar egter ’n paar puriste wat vereis dat hul gesinsmotor ruim moet wees en om draaie moet kan ry sonder om almal karsiek te maak. Dis vir dié groepie petrolkoppe wat Eckart Mayer, afdelingshoof van Mercedes-motors, sy geld op die invoer van ’n rits stasiewaens gewaag het.

Die reeks spring weg met al die enjin?opsies wat tans op die sedan beskikbaar is, met die uitsondering van die C220 CDI en C63 AMG wat later kom (sien kassie).

Weliswaar beplan Mayer nie om duisende Estates te verkoop nie. Hy is terdeë bewus dat Fiat hul Chroma as gevolg van ’n gebrek aan belangstelling van die mark onttrek het; dat Peugeot aanhangers die glasdak-407 maar stief behandel; en dat selfs Tata sukkel om hul spotgoedkoop Indigo-stasiewa te skuif.

Mayer is ook nie gepla dat die Estate in slalomdraaie die kenmerkende Mercedes-Benz stuurtraagheid vertoon nie. Mercedes kán stuuroorywerig raak as hulle lus is, soos die C63 AMG terdeë om die Phakisa-renbaan bewys het, maar Mercedes glo stuurtraagheid is ’n veiliger stuureienskap vir wettige snelhede. Daarom mik die stasiewa reguit in die apeks in en sal die C63 AMG Estate, wat later vanjaar aankom, ook net met ’n sportiewe afwerking, in stede van sy sedanstalgenoot se klipharde vering, hier verkoop word.

Pleks van hantering beplan Mayer om met hoë veiligheid, lae pryse en groot kragsyfers uit klein enjins die BMW se Touring-driereeks en Volvo se V50 en XC70 die stryd aan te sê.

In die binneruim bied die stasiewa dieselfde vlakke van luuksheid as die sedan.

Wanneer luukse motors baklei, is klankstelsels hul grofgeskut. Mercedes se groot kanon is die Linguatronic- stembeheerde radiostelsel. Dis deel van die opsionele Comand APS-stelsel en Merc vra R21 000 daarvoor. Die Comand APS-multimedia-stelsel bied ’n navigasiestelsel, DVD-speler en ’n hardeskyf met plek vir 1 000 liedjies. Vir nog R5 500 kry mens die Harman/Kardon-klankstelsel. Andersins is die Audio 20-klankstelsel met ’n ses-CD-wisselaar standaard in die stasiewa.

Mayer benadruk dat praktiese laaispasie steeds die hoofrede is waarom mense stasiewaens koop en wys daarop dat die slanke Estate se volumes werklik indrukwekkend is. Met die sitplekke platgeslaan het die Estate ’n bagasieruim van 1 500 liter, aldus Mercedes, teenoor byvoorbeeld ’n VW Caravelle wat met die sitplekke in plek 1 200 liter bagasie kan pak.

Hy spog dat die Estate die enigste stasiewa is met ’n daklyn wat spesifiek ontwerp is om ’n standaardwasmasjien in sy pakplek te vervoer. Dié stukkie detail onderstreep die verskil tussen mense wat wil hoog sit en veilig voel… en mense wat wil laag sit en veilig wéés.

Want net soos wat Mercedes hul vering stel om veiliger eerder as opwindend te wees, weet stasiewa-mense dat avontuurlustige lewenstyle ook vuil klere oplewer, en hulle is voorbereid.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |